On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   07:18 Tue, 01 Sep 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die mieliepryse was gemeng te midde van 'n ongelyk tegniese beweging in die VSA, terwyl handelaars gisteroggend aangemoedig is deur nog 'n groot verkoping aan China. Die pryse van mielies het gisteroggend in die VSA ‘n vyf maande hoogtepunt bereik.

Mielie-uitvoerinspeksies het tot 401 000 ton gedaal, wat minder as die helfte van die vorige week se totaal was en onder alle handel beramings geëindig in die VSA. Mexiko het alle bestemmings gelei, met 198 000 ton.

Die plaaslike mieliemark het Maandag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in September 2020 R40/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 119/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020 R19/ton hoër verhandel om teen R3 077/ton te sluit.

Sojabone:

Sojaboonpryse het effens hoër beweeg te midde van 'n ligte tegniese aankoop wat aangevuur word deur uitvoer optimisme en verwagtinge vir laer oesgehalte in die VSA.

Die invoer van sojabone in die Europese Unie neig met 6% hoër as 'n jaar gelede, op 2,569 miljoen ton tot 30 Augustus. Maar die invoer van canola in die EU het jaar-op-jaar 49% laer gedaal, terwyl die invoer van sojameel in die EU ook met 15% afgeneem het in dieselfde tydperk.

Die plaaslike sojaboonmark het Maandag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020, R45/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 545/ton te sluit.

Koring:

Koringpryse het Maandag meestal hoër gestyg op 'n beskeie ronde tegniese verkope. Die konsensus is nog steeds dat sommige oorsese mededingers (soos Frankryk en Argentinië) hierdie seisoen beduidende produksie probleme ervaar het, hoewel die Amerikaanse uitvoere die afgelope paar weke nie veel beweging gesien het nie.

Die koringuitvoer van die Europese Unie begin traag vir die bemarkingsjaar 2020/21, wat 47% laer is as verlede jaar en tot 2,47 miljoen ton bereik het tot en met 30 Augustus. Die uitvoer van gars in die EU daal ook tot dusver met 13%.

Die plaaslike koringmark het Maandag meestal wisselvallig verkeer en het gemeng verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R11/ton laer verhandel om teen R4 876/ton te sluit.

 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.