On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

V-plan is waardevol vir kuddegesondheid

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:41 Tue, 01 Sep 2020

V-plan is waardevol vir kuddegesondheid | News Article
FOTO: Rooivleisprodusente-organisasie, RPO

Die V-plan-projek, waarby dr. Danie Odendaal, 'n bekende in veeartsgeledere, fokus op beplande gesondheid en produksiebestuur is baie belangrik, veral omdat siektebeheer in Suid-Afrika relatief buite beheer is.


Odendaal, ook die direkteur van Veearts Netwerk, sê dié projek is van stapel gestuur in samewerking met Sussex-telers. Dit is daarop gemik om produsente sover te kry om nou saam met 'n kuddeveearts te werk. 'n Jaarlikse kuddegesondheidsprogram moet opgestel word, waarna die boere op 'n veeregister geplaas word. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Odendaal gepraat oor dié projek... 


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê in die geval van bees-brucellose, of besmetlike misgeboorte, is 'n plan van dié aard die korrekte voorsorg vir produsente wat vorentoe wil beweeg in terme van hulle kudde se gesondheid. Produsente wat reeds 'n goed-beplande gesondheidsorgprogram het, word op 'n register geplaas. Dit is vlak een van dié program en dit word dan bevestig dat die boere reeds 'n kuddeveearts het.  Vlak twee van die projek behels dat produsente hul kudde een keer per jaar toets vir besmetlike misgeboorte en geslagsiektes, en die derde vlak van samewerking sluit in dat boere wat nou kliënte is van 'n kuddeveearts van die geleentheid gebruik moet maak en siektes,  soos dit voorkom, telefonies deur te gee aa die bepaalde veearts. Sodoende kan betrokkenes op hoogte bly van siektetoestande in kuddes in 'n bepaalde gebied. 

Hy sê met dié plan se veeregister kan produsente hul kuddes verkoop sonder enige vrese deur kopers oor die siektetoestand van diere. Produsente verbind hulle dus tot die goeie gesondheid van hul kudde en as mense diere wil aankoop, kan hulle slegs die register raadpleeg op soek na boere wat daarop gelys is en wat verbind is tot 'n goeie gesondheidsplan. 

Vir meer inligting oor dié plan, stuur 'n WhatsApp-boodskap na Odendaal by 082-454-0532.

Odendaal praat ook oor insekoordraagbare siektes onder skaapkuddes waarna boere nou voorkomend in die vorm van inentings moet optree, veral teen virussiektes soos Bloutong. 


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.