On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Tree voorkomend op teen longontsteking in skaapkuddes

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:09 Wed, 02 Sep 2020

Tree voorkomend op teen longontsteking in skaapkuddes | News Article

Bloutong is 'n siekte wat deur insekte oorgedra word en baie probleme veroorsaak in skaapkuddes. Daarom moet boere nou voorkomend optree met inentings daarteen.


Dr. Danie Odendaal, direkteur van Veearts Netwerk, sê ander siektes wat kan voorkom dié tyd van die jaar is nie seisoenaal-verwant nie, maar die inenting vir Bloutong is wel seisoenaal-verwant. Daar is egter jaarliks steeds produsente wat nie hul kant bring in terme van die aanmelding van siektes nie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Odendaal gepraat....


See PODCAST below


Hy sê siektes word nie by veeartse aangemeld nie, omdat boere onder die indruk is dat 'n virussiekte soos Bloutong nie in hul gebied voorkom nie. Veeartse het egter 'n stelsel in plek waar siektes aangemeld word en waar 'n  maandelikse oorsig in terme van veesiektes in die land, beskikbaar is. Dit sluit in 'n oorsig oor siektes wat in die afgelope jaar en ook selfs vyf jaar in gebiede voorgekom het.  Odendaal moedig dus produsente aan om noue kontak met hul veeartse te hê in dié verband.  Bloutong kan dalk minder in gebiede in die Noord-Kaap  voorkom of selfs in Dorper-skape, wat minder vatbaar daarvoor is, maar goeie kommunikasie is steeds nodig met veeartse.

Hy sê siekte-aanmelding word gedoen om boere te help om 'n oorsig te kry oor siektes in hul gebiede. Dié stelsel is die afgelope tien jaar in plek met  meer as 160 veeartspraktyke oor die land heen, wat deel is daarvan. Dit sluit sowat 80% veeartspraktyke in die land in, wat deel is van dié stelsel. 

Volgens Odendaal is bakteriële siektes, wat seisoenaal is, nie 'n probleem nie. In die stelsel vir siekte-aanmelding is Bloednier 'n siekte wat jaarliks voorkom en nie seisoenaal verwant is nie. Dit is egter totaal voorkomend deur intenting, maar dit kom steeds voor. Longontsteking by skape is egter relatief siesoenaal en dit is 'n komplekse siekte wat nou kan voorkom met stoftoestande, terwyl die gras nog nie groen is nie.  Dit kan ook nou voorkom met dae wat warm is, terwyl dit nog snags koud is. Hy sê inenting teen longontsteking by skape kan voorkom word deur inenting, maar dit is nie altyd 100% doeltreffend nie weens die kompleksiteit van dié siekte.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.