On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Portefeulje van genomiese toetse waardevol vir suiwelboere

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:12 Wed, 02 Sep 2020

Portefeulje van genomiese toetse waardevol vir suiwelboere   | News Article

Die multinasionale dieregesondheidsonderneming, Zoetis, se Clarifide-portefeulje van genomiese toetse vir suiweldiere is van groot belang.


Dit kan 'n ondersteunende rol speel en produsente in staat te stel om diere met 'n verhoogde gehalte vir 'n verskeidenheid eienskappe baie vroeg in die dier se leeftyd te identifiseer. So sê tegniese bestuurder van Zoetis, Chantelle Erwee, oor dié portefeulje, wat die basiese Clarifide en die Clarifide Plus toetse insluit. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met haar gepraat...


See PODCAST below


Sy sê die basiese Clarifide-toets is vir Holstein, Jersey, Guernsey en Bruin Switser-beeste beskikbaar, terwyl die Clarifide Plus-toets slegs op Holstein en Jersey-beeste gemik is.  Albei die toetse sluit talle basiese eienskappe in soos onder meer ‘n verskeidenheid van produksie, vrugbaarheid, melkgehalte, langslewendheid, kalwing, gesondheid en bouvorm eienskappe in. Daar kan nou ook uitgepluis word of die ouerskaprekords van dié diere wat getoets word, deeglik is, en só foute uitwys. Dit help boere om hul rekordhouding te verbeter, sê Erwee. Clarifide Plus voeg meer waarde toe met die Zoetis-welstandeienskappe, oftwel " Wellness Traits". Dié toets sluit die poenskop-geen gratis in, en het ook ‘n seleksie-indeks, naamlik die Dairy Wellness Profit-indeks, beskikbaar.


Zoetis-welstandeienskappe

Gesondheidstoestande op plase kan ‘n beduidende uitwerking hê op kuddegesondheid, welsyn, produktiwiteit, asook vrugbaarheid. Volgens Erwee is daar ook beter winsgewendheid, wanneer 'n kudde uit meer volwasse koeie, wat produktief en gesond is, bestaan. Om hul volle potensiaal en

langslewendheid te bereik, is dit belangrik dat diere gesond bly vanaf geboorte tot en met kalwing, asook daarna.  Daar is ‘n paar belangrike gesondheidstoestande wat melkboere gereeld teister en Clarifide Plus is die eerste en enigste genomiese toets wat inligting lewer op baie van hierdie toestande. Dit sluit agt welstandeienskappe in: Mastitis, Metritis, behoue nageboortes, mankheid/lameness, verplaasde abomasum, Ketose, Melkkoors en respiratoriese siekte. 


OFM-nuus




Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.