On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:06 Thu, 03 Sep 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die mieliepryse het Woensdag geveg vir 'n fraksionele styging, aangesien dit lyk asof die reën begin minder raak. Die termynkontrak in September het sedert begin Augustus 11% hoër geklim in die Verenigde State van Amerika (VSA.)

Oekraïne se mielie-uitvoer in 2020/21 het tot nou 67% onder die tempo van verlede jaar gedaal, en het sedert 1 Julie net 602 000 ton bereik. Die Graan-unie verwag steeds dat Oekraïne hierdie bemarkingsjaar 29 miljoen ton mielies sal uitvoer.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal gemeng verhandel en het swakker teenoor  witmielies en sterker teenoor geelmielies verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R1/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 116/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R9/ton hoër verhandel om teen R3 130/ton te sluit.

Sojabone:

Sojaboonpryse het Woensdag weer matig hoër gestyg oor uitvoeroptimisme en bekommernisse oor die dalende Amerikaanse gehalte en opbrengspotensiaal.

Handelaars wag reeds op die volgende WASDE-verslag (World Agricultural Supply and Demand Estimates) vir verdere seine, maar het die afgelope sessies baie tegniese aankope gedoen.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal onder druk gekom en het swakker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2020, R26/ton laer verhandel vir die dag om teen R7 531/ton te sluit.

Koring:

Koringpryse het Woensdag 'n tree terug geneem, met sommige kontrakte wat tot 2% laer gedaal het na 'n ronde tegniese verkope en winsneming, het die pryse tot onder die vyf maande se hoogtepunte teruggesak, wat vroeër die week bereik was.

Die graanuitvoer in die Oekraïne vir die bemarkingsjaar 2020/21 is nog bykans 12% laer as die tempo van verlede jaar. Dit sluit die uitvoer van 4,958 miljoen ton koring in sedert 1 Julie in. Oekraïne is die wêreld een van die wêreld se grootste koring uitvoerders.

Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het swakker verhandel vir die dag in alle kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R24/ton laer verhandel om teen R4 866/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.