On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Verkopers tevrede danksy stygende pryse op veeveilings

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:23 Thu, 03 Sep 2020

Verkopers tevrede danksy stygende pryse op veeveilings | News Article

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen ...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê daar is talle positiewe aspekte wat nou hoop bring in die bedryf. Dit sluit in die toewyding van voerkrale wat daartoe gelei dat daar in dié stadium 'n goeie uitvoermark is.  As die plaaslike situasie met dié  in Afrika vergelyk word, sien dit goed daarna uit, want daar is Afrika-lande wat vee beskikbaar het vir uitvoerdoeleindes, maar daar is 'n gebrek aan toewyding en dissipline om die uitvoermark te betree. Die pryse van lewende hawe styg ook steeds oor 'n wye spektrum, wat goeie nuus is vir verkopers.  

Volgens Derksen het speenkalwers, onder 200kg teen R37,85 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R35,98 en speenkalwers oor 250kg het teen R33,15 per kg verkoop.



  A-klas  beeste   Geen
  B-klas  beeste    
R22,65 per kg
  C-klas vet  koeie
  
R21,60 per kg
  Maer  koeie    
  
R18,75 per kg
  Slagbulle      
  
R21,55 per kg
  Skape
  

  Stoorlammers    
  
R47,03 per kg
  Slaglammers    
  
R42,00 per kg
  Stoorskape    
  
R35,00 per kg
  Vetskape  
  
R33,50 per kg
  Bokke

  Lammers      
  
R55,00 per kg
  Ooie    
  
R35,50 per kg


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.