On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:19 Fri, 04 Sep 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Mieliepryse het 'n matige terugslag in Amerika gehad, terwyl handelaars 'n stewige rondte uitvoergegewens opgehaal het.

Die uitvoer van mielies in Amerika was baie teleurstellend en het 55% onder die gemiddelde van vier weke tot 464 000 ton gedaal. Mexiko was die nommer 1-bestemming, met 223 000 ton.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R53/ton sterker verhandel vir die dag om teen R3 169/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R25/ton hoër verhandel om teen R3 155/ton te sluit.


Sojabone:

Sojaboonpryse het Donderdag matig gestyg in Amerika as gevolg van twee groot verkope wat gisteroggend aangekondig is. Nog 'n stewige rondte uitvoerdata van Amerikaanse departement van landbou (USDA) was ook ondersteunend.

Private uitvoerders het vanoggend nog twee groot verkope aan USDA gerapporteer. Die eerste bedrag was vir 318 000 ton vir aflewering aan onbekende bestemmings, met nog 133 000 ton na China. Albei verkope is vir aflewering gedurende die bemarkingsjaar 2020/21, wat op 1 September begin het.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2020, R102/ton sterker verhandel vir die dag om teen R7 633/ton te sluit.


Koring:

Koringpryse het Donderdag in Amerika 'n klein tot matige daling gehad tydens 'n tegniese verkoopsrondte.

Die koringuitvoerverkope het 23% onder die totaal van verlede week gedaal, maar 4% bo die vorige vier weke se gemiddelde gebly, met 585 000 ton. Die kumulatiewe totale vir die bemarkingsjaar 2020/21 in die VSA het effens agteruitgegaan met die tempo van verlede jaar, met 2,849 miljoen ton.

Die plaaslike koringmark het gister meestal wisselvallig verhandel en het gemeng  gesluit oor die verskeie kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R14/ton sterker verhandel om teen R4 880/ton te sluit.

 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.