Agri Hour
Onsekerheid in wêreldmarkte bedreig wolbedryf steeds─── CHRISTAL-LIZE MULLER 08:34 Fri, 04 Sep 2020
Die voortdurende onsekerheid in wêreldmarkte het vandeesweek op die nasionale wolveiling in Port Elizabeth die wolbedryf nog 'n groot slag toegedien.
Heindrich Victor, bestuurder spesiale dienste van vesel by OVK, sê dié onsekerheid kan nog vir 'n geruime tyd voortduur. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het meer...
Sien onderstaande PODCAST
Victor sê 'n bydraende faktor was die 3% versterking in die Rand teenoor die Amerikaanse Dollar. Daar is groot volumes voorraad in Suid-Afrikaanse en Australiese wolpakhuise, en daarom gaan dit 'n geruime tyd neem vir die mark om te herstel. Volgens hom was die wol wat ontvang is in makelaars se pakhuise vandeesweek 16,5% laer as die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen. Vandeesweek se veiling het weer eens getoon volhoubaar gesertifiseerde wol geniet goeie aandag en het tot gesonde kompetisie onder kopers gelei.
OFM-nuus
