On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:39 Fri, 04 Sep 2020

Hier is van jou hoof landboustories op OFM | News Article
FOTO: Agri SA

Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf. OFM-nuus se Christal-Lize Muller lig nou die hoofstories vandeesweek op OFM uit...


Die minister van landbou, Thoko Didiza, glo Suid-Afrika het op talle gebiede gevorder om die posisie van vroue in die samelewing te verbeter.  Dit is egter op die gebied van die ekonomie waar die land in dié verband struikel. Didiza het Maandag Vrouemaand afgesluit met 'n webinaar oor vroue-produsente in die landboubedryf.  Didiza het gesê in terme van vroue se rol in die ekonomie, is daar egter positiewe vordering om ekonomiese geregtigheid te beywer. Sy het verder gesê pres. Cyril Ramaphosa het beklemtoon dat landbou een van die sektore is wat geprioritiseer moet word om ekonomiese groei in plek te stel. Dit gaan gedoen word deur landbou-staatsgrond beskikbaar te stel om die kwellende probleem rondom grondongelykhede aan te spreek. Sy sê in terme van dié verslag, het die departement onder meer 'n keuringsbeleid vir 'n grondbeleid ontwikkel. 'n Produsente-ondersteuningsmodel, asook 'n meesterplan vir landbou en landboubesigheid, is ontwikkel. 'n Meesterplan vir pluimvee en suiker, asook die ontwikkeling van 'n plan vir grondvrystelling, is daargestel.

Dit is van groot belang dat boere nou fokus op die voorkoming van siektes wat deur insekte oorgedra word aan skape, veral met die reënseisoen wat voorlê. Dr. Danie Odendaal,  'n veearts en direkteur van Veearts Netwerk, sê die fokus is op dié siektes waarteen boere hul skaapkuddes betyds moet inent. Hy sê in terme van dié siektes, is Bloutong by skape 'n groot probleem.
Odendaal sê as daardie grondslag gevorm is, vergemaklik dit die skraagdosis wat jaarliks toegedien word.

Hoewel Suid-Afrika 'n netto uitvoerder van belangrike grane soos mielies en gars is,  is die land nie geïsoleerd teen verwikkelinge in die wêreld-graanmark nie. Dit is volgens  Wandile Sihlobo, 'n landbou-ekonoom van die Landbousakekamer, Agbiz, wat meen prysbewegings in dié kommoditeite beïnvloed wel tot 'n sekere mate die handelstoestande in die plaaslike mark. Dit kom nadat droë weerstoestande die afgelope weke gewasse in Europa bedreig het. In Amerika het erge windstorms mielies- en sojaboon-oeste  verwoes en daar was vloede in Asië.  Shilobo sê al hierdie faktore het in 'n mate 'n  invloed op die globale graanmark. Hy sê daar is egter steeds positiewe vooruitsigte in die Internasionale Graanraad se verslag.

Om weer na hierdie nuusinsetsels te luister gaan na http://www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en die Agri-Hour.  Kliek op News vir jou jongste nuus in die landboubedryf wat weeksdae in OFM se landbounuusbulletins om 11:00 en 13:30 aan jou gebring word. Bel Christal-Lize Muller met jou landbounuus by 082-851-8254 of stuur vir haar 'n e-pos na news@ofm.co.za.


OFM-nuus



Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.