On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:17 Tue, 08 Sep 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die Amerikaanse Departement van Landbou (USDA) maak later die week die nuutste wêreldvraag- en -aanbod-verslag bekend. Die verwagting is dat die USDA die mielieproduksie in die Verenigde State van Amerika (VSA) afwaarts sal aanpas vanaf die vorige skatting.

Die mark sal hierdie verslag dophou aangesien dit die produksie asook die verbruik vir die seisoen weerspieël.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van sowel wit as  geelmielies.

Die witmieliemark het vir lewering in September 2020 R35/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 148/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020 R7/ton hoër verhandel om teen R3 090/ton te sluit.


Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboon-produksietoestande was vroeër hierdie seisoen baie gunstig, maar dit verswak oor die laaste paar weke en plaas die opbrengspotensiaal in die VSA onder druk.

Die verwagting is dat Brasilië hul sojaboon oppervlakte vir die seisoen aansienlik behoort uit te brei, maar die weerstoestande sal die grootste bepalende faktor wees van hoe die seisoen gaan uitspeel in terme van produksie.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020, R10/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 610/ton te sluit.


Koring:

In die internasionale konteks is daar baie koring beskikbaar met die wêreld voorraad wat teen alle tye hoogtepunte is.

In die Swartsee-streek lyk die koring tans goed en die verwagting is dat die produksie in hierdie streek hoër behoort te wees as wat aanvanklik verwag was.

Die plaaslike koringmark het gister meestal gemeng verhandel met die naby maandkontrakte wat onder druk gekom het, terwyl die verder maandkontrakte ondersteuning gevind het.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R5/ton hoër verhandel om teen R4 896/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.