On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Goeie tyd om nou in landbou te wees, meen politieke ontleder

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:40 Wed, 09 Sep 2020

Goeie tyd om nou in landbou te wees, meen politieke ontleder | News Article
Max du Preez, politieke-ontleder

Die Covid-19-pandemie was in 'n sin goed vir die landboubedryf, veral omdat daar 'n bestaande vooroordeel is deur baie mense teenoor dié bedryf en die boere.


'n Politieke-ontleder, Max du Preez, meen dié vooroordeel is tydens die nasionale inperking weens dié pandemie in 'n mate afgebreek, omdat landbou dié bedryf was wat die ekonomie aan die gang gehou en kos geproduseer het. Hy sê die prys van kos het nie in dié tydperk 'n skerp styging getoon nie. 

Graanoeste is goed, en nie baie werksgeleenthede het verlore gegaan nie. Daarom was landbou 'n baken van stabiliteit en vooruitgang in dié tydperk, hoewel van die landboubedrywe, soos die wynbedryf, swaargetrek het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Du Preez gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Grondonteiening sonder vergoeding

Dit is volgens Du Preez  'n "groot spook" wat steeds wandelend is. Dit ontsenu mense, maar hy wil hulle gerusstel dat dit in ag geneem moet word dat dié besluit, dat dit beleid is, op 18 Desember 2017 deur die ANC geneem is. Dit is nou al September 2020 en daar het nog niks veel gebeur in dié verband nie. Hy sê dit is ook eerste op die agenda om die groot hoeveelheid plase, wat deur die staat besit word, te verdeel. Vordering daarmee is stadig.  Sy raad aan die landboubedryf is om dié spook vir eers te begrawe. "Ons hoef ons vir eers nie daaroor te bekommer nie." Hy meen hoe groter die ekonomiese krisis in Suid-Afrika is, hoe meer gaan die regering verstaan hoe Suid-Afrikaners op die landboubedryf vertrou en daar gaan nie enigiets gedoen word deur die regering om dié bedryf te ontwrig nie. Dit sal selfmoord wees in terme van die land se ekonomie as dit ontwrig word.  


Landelike veiligheid

Hy sê daar is ook 'n nuwe bewussyn oor plattelandse veiligheid in die land. Dit sluit bewusheid oor plaasaanvalle in met regeringslui op hoë vlakke wat vir die eerste keer in 'n baie lang tyd nou aandag daaraan skenk. Du Preez sê die land het dalk hier 'n punt bereik waar die regering besef het dringende optrede nou nodig is. Georganiseerde landbou sal egter die leiding moet neem.

Hy sê diegene in die landboubedryf sal nou meer positief wees as voorheen danksy dié veranderinge.

Daarmee saam moet almal in die land bekommerd wees oor die politieke situasie en rowwe waters waarin dit nou is. Korrupsie maak die land seer, asook die ondoeltreffendheid van die regering en sy swak vermoë is sleg vir almal.  Die ineenstoring van soveel plaaslike owerhede is ook nie goeie nuus nie, terwyl swak dienslewering deur munisipaliteiete 'n werklikheid is.  


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.