Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex nuus─── 09:33 Wed, 09 Sep 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag met tegniese aankope wat in die mark waargeneem is.
Private uitvoerders het gister uitvoerverkope van ongeveer 102 000 ton mielies aan die USDA gerapporteer. Dit is vir lewering aan onbekende bestemmings gedurende die 2020/21 seisoen.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is van wit en geelmielies.
Die witmieliemark het vir lewering in September 2020 R53/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 195/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020 R38/ton hoër verhandel om teen R3 125/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het gister vir die 11de agtereenvolgende sessie sterker verhandel en het hoër gesluit vir die dag met optimisme rakende die uitvoer en bekommernisse rakende die seisoen se produksie wat die meeste ondersteuning aan die Amerikaanse mark gebied het.
Private uitvoerders het sojaboon-uitvoerverkope van ongeveer 664 000 ton aan die USDA gerapporteer vir lewering in die 2020/21-seisoen.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020, R90/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 700/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het gister meestal onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag nadat gunstige weerstoestande in lande soos Argentinië en Australië die internasionale pryse onder druk geplaas het.
Die weeklikse uitvoerverkope wat deur die USDA gerapporteer word, is laer as die vorige week se uitvoerverkope. Dit is ook laer as wat die algemene verwagtinge in die mark was.
Die plaaslike koringmark het gister meestal gemeng verhandel met die nabymaand kontrakte wat ondersteuning gevind het terwyl die verder maand kontrakte onder druk gekom het.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R1/ton laer verhandel om teen R4 897/ton te sluit.
OFM-nuus
