On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:00 Thu, 10 Sep 2020

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article
Photo: Pixabay

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller nou met die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher.


See PODCAST below


Laubscher is van mening dat van die grootste moontlike risiko’s wat sy kop kan uitsteek - noudat daar meer bewyse is dat die verspreiding van die koronavirus beter bestuur kan word en onder beheer blyk te wees - traagheid is om verder aan te pas. 

Hy sê dit is duidelik dat ‘n nuwe normaal aan die orde van die dag is, wat vanuit verskeie perspektiewe verduidelik kan word. “Die uitdaging is egter om die tempo waarteen aanpassings tydens die pandemie gemaak moes word, vol te hou deur onder meer te keer dat almal weer in die gemaksone verval van 'besigheid soos altyd',” verduidelik Laubscher. 

Hy sê traagheid ontstaan veral by beleidmakers, in besonder die landbousektor, om tred te hou met veranderings wat die afgelope vyf maande plaasgevind het deur weer planne aan te pak wat voor die uitbraak van die virus gemaak is. 

Laubscher sê voorts boere, asook die openbare landbousektor, is slagoffers van die uitwerking van die pandemie. Hy verduidelik dat veilige en bekostigbare kos tydens die pandemie beskikbaar was, maar voeg by dat die jongste statistieke toon “dat kosinflasie meer gestyg het as normale inflasie en dat dié toedrag van sake as een van die drywers van hoër inflasie uitgewys word”.

Hy sê boere moet in pas bly met veranderde verbruikerspatrone terwyl beleidonsekerheid ‘n kwessie bly. 

Laubscher dui verder aan dat die veerkragtigheid waarmee voorsieningskettings tydens die pandemie aangepas het, ‘n aanduiding is van ‘n unieke begrip van die uitdagings. Inteendeel, volgens hom is daar bewyse van beleid-blokke wat negatief ingewerk het op wat landbou eintlik kon lewer en bydra. 

“Bo en behalwe noodsaaklike aanpassings by produksie, is daar nuwe voorwaardes van toepassing anderkant die plaashek waaraan voldoen moet word. Hier sal die meerderheid primêre produsente hulle moet verlaat op die kollektiewe bedingingsmag van agri-maatskappye om enersyds verbruikers se behoeftes prysgewys doeltreffend te herlei tot op plaasvlak.” 

Hierteenoor sê Laubscher die landbouwaardekettings kan nuwe vereistes verwag as gevolg van die nuwe normaal weens die koronavirus-pandemie.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.