On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Landelike veiligheid, klimaatsverandering kern-brandpunte vir TLU SA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:33 Thu, 10 Sep 2020

Landelike veiligheid, klimaatsverandering kern-brandpunte vir TLU SA | News Article

Boere is self verantwoordelik vir die bestuur van hul produksiefaktore tot by winsgewendheid, maar bevind hulself egter in die uitvoering van dié proses in 'n veranderlike omgewing.


Dít is volgens Bennie van Zyl, algemene bestuurder van TLU SA, wat meen daar is talle uitdagings vir boere waaronder landelike veiligheid en boere se onsekerheid daaroor vir TLU SA van groot belang is. Klimaatsverandering en droogtetoestande is ook kern-brandpunte. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Zyl gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê in terme van klimaatsverandering, maar meer spesifiek die voortslepende droogte, dat dit 'n invloed het op sekere gedeeltes van die land wat agt jaar gelede nog 'n optimum produksie-eenheid was, maar die laaste tyd geknou is weens die knellende drooge en nie oeste kon lewer nie. 

Van Zyl meen nog 'n belangrike faktor vir TLU SA, wat van groot belang is, sluit die beskikbaarheid asook die gehalte van water in. Dan was daar tydens die Covid-19-inperkingstydperk die dilemma van versteurde markte, wat 'n wanbalans veroorsaak het en 'n invloed op die produksie en lewering van kos gehad het. Hy meen nog 'n groot uitdaging is 'n onsekere beleidsomgewing. Wanneer 'n regering verkondig dat hy sekere wysigings in die Grondwet wil maak dan begin daar 'n groot rooi lig flikker vir boere, omdat hul boerderye 'n langtermynbelegging is.  Daarom is dit belangrik dat die regering stabiliteit bring met sy beleidsomgewing, maar ongelukkig is dit in dié stadium nie die geval nie. 

Dit is ook die regering se grondwetlike verantwoordelikheid om na die veiligheid van sy landsburgers om te sien en dit is in dié stadium nie goed genoeg nie. Van Zyl meen die regering kan nie pa staan as daar droogtetoestande is nie, maar daar moet 'n rampondersteuningsplan wees, en dit is nie die geval nie. Stabiliteitsdilemmas kan in die stadium op die regering se brood gesmeer word. Daar moet vir seker ook van die regering se kant af beter interaksie wees met landbou-organisasies,  sodat daar op die beste belang van elke kommersiële boer in die land gefokus kan word, want dit is dié boere wat 68% van die kos vir Suid-Afrikaners produseer.  Daarom moet alles in die stryd gewerp word om boere in produksie te hou. Boere is in dié stadium die regering se sterkste bate, meen Van Zyl.

TLU SA is verder dankbaar oor sy ledetal wat in die afgelope jaar gegroei het, maar dit is steeds hartseer dat meer as die helfte van die boere wat boer, nie by georganiseerde landbou betrokke is nie. Hetsy dit nou betrokkenheid is by TLU SA of selfs Agri SA, sê van Zyl.  


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.