On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

#NAMPO2020: BFAP het program om produksiestelsels te vergelyk

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:39 Thu, 10 Sep 2020

#NAMPO2020: BFAP het program om produksiestelsels te vergelyk | News Article

Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) is betrokke by 'n internasionale studie wat handel oor koste en opbrengsbestuur, asook winsgewendheid op die plaas.


Die studie het onder die loep gekom op 'n paneelbespreking as deel van Graan SA (GSA) se Nampo Virtuele-handelskou se Agri Xtra-kanaal. Die gesprekleier was Theo Vorster, uitvoerende hoof van Galileo Capital,  wat met Divan van der Westhuizen en Marion Delport, albei van BFAP, gepraat het oor die studie wat betrekking het op winsgewende boerdery. Jaco Minnaar, 'n produsent, het ook aan dié bespreking deelgeneem. 


Sien onderstaande PODCAST


Van der Westhuizen sê BFAP neem sedert 2007 deel aan die internasionale Agri Benschmark program waar verskeie betrokkenes van ekonome tot produsente betrokke is. Dít het ten doel om 'n beter idee te verkry van die insetverbruik van die globale "cash crop" (kontantgewasse) en produksie-sisteme. Meer as 40 lande neem deel aan dié program.  Hy sê die meeste kontantgewasse, soos mielies, sonneblom en sojabone kom in die program voor. 

Akademiese instellings is ook daarby betrokke en die program word gekoördineer deur 'n instelling in Duitsland. Prototipes of modelplase word deur BFAP op die program se internasionale databasis verskaf.  Dit sluit inligting in van opbrengste, produksiekoste en gaan selfs verder om na produksiestelsels te let. 

Hy verduidelik dat daar onder meer na 'n boer se trekker en werktuigkombinasie of sy kunsmis- en saad-toediening gelet word. Dié verskaffing van inligting stel die program in staat om inligting te verkry soos van onder meer 'n plaas in die Noord-Vrystaat. Dit word dan vergelyk met plase in ander lande soos Amerika. 

Van der Westhuizen sê die rede vir dié program is om 'n beter begrip te kry oor hoe die Suid-Afrikaanse prestasie op plase is en tot mededingers in die internasionale markspeelveld vergelyk. Daar word dus op mededingendheid gelet om sodoende te verbeter op sekere gebiede. Dit lig fokuspunte soos kunsmisverbruik en die verbetering van die doeltreffendheid daarvan uit.  

Delport praat oor BFAP se Data Intensive Farm Management Projek (DIFM) wat gedryf word deur 'n konsortium van verskeie instellings soos die Universiteit van Pretoria. Dié projek  is geskoei op 'n proef-metodiek, oor hoe 'n boer met presisieboerdery met sy toerusting meer proewe in 'n korter tydperk op sy plaas kan doen om sodoende sy optimale toedienings te bepaal.

Dit was 'n paneelbespreking wat deur Theo Vorster, uitvoerende hoof van Galileo Capital, gelei is as deel van Graan SA (GSA) se Agri Xtra-kanaal waarop paneelbesprekings plaasvind. Die Nampo Virtuele-handelskou het Woensdag begin en duur tot Saterdag. Gaan na nampovirtual.co.za om deel te neem aan dié aanlynervaring.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.