On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Cape Wools SA: Wolmark toon toename op nasionale veiling

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Fri, 11 Sep 2020

Cape Wools SA: Wolmark toon toename op nasionale veiling | News Article

Soos oudergewoonte op 'n Vrydag, verskaf ons die weeklikse nasionale wolmarkverslag wat deur Cape Wools SA aan OFM-nuus beskikbaar gestel word.


Die Suid-Afrikaanse wolmark het vandeesweek positief gesluit en 'n toename van 1,1% in Rand-terme teenoor die vorige nasionale wolveiling in Port Elizabeth in die Oos-Kaap, getoon. Luidens die Cape Wool SA wolverslag, is altesaam 6 881 bale op dié mees onlangse veiling aangebied. Van die Responsible Wool Standard, RWS, was 28% gesertifiseerde wol en 'n algehele verkoopspersentasie van 93,27% is behaal. Die Suid Afrikaanse Rand was wisselvallig en het verder verswak deur die loop van die veiling. Dit het met 0,58% teenoor die Amerikaanse Dollar verswak, en daartoe gelei dat die mark 0,53% in terme van die Amerikaanse Dollar toegeneem het. Die Australiese mark het met 3,7% in terme van die Australiese Dollar verbeter. Luidens dié verslag was daar 'n verbeterde marksentiment, terwyl goeie mededinging van die betrokke kopershuise tot dié toestande bygedra het. Sterker mikron groepe wol was onder druk, terwyl fyn gesertifiseerde wol beter as die markgemiddeld vertoon het. Die grootste kopers op dié veiling, was Lempriere SA (1 502), Tianyu SA (1 259), Modiano SA (1 237) asook Standard Wool SA (1 134). Die gemiddelde skoonwolprys vir seleksie in die verskillende mikron kategorieë, wat goeie en lang kamwoltipes (MF5) insluit, was soos volg: 18,0 mikron tipes styg met 2,2% en sluit teen R154,01 per kg, terwyl 18,5 mikron tipes met 2,8%  toegeneem het en teen R140,88 pe kg gesluit het.  19 mikron tipes het met  0,8% toegeneem en teen R130,73 per kg gesluit. 19,5 mikron het met  0,4% versterk en sluit teen R122,73 per kg, terwyl 20 mikron tipes met 1,4% toegeneem het en op R122,81 per kg gesluit het. 

20,5 mikron tipes het met  2,9% toegeneem en op R121,25 per kg gesluit, terwyl 21,0 mikron tipes gestyg het met 0,6% en op R118,82 per kg gesluit het. 21,5 mikron tipes het met 1,1% toegeneem en op R119,84 per kg gesluit, terwyl 22 mikron tipes met 0,4% gestyg het en op R112,82 per kg gesluit het. 22,5 mikron tipes was  1,2% swakker en het op R114,12 per kg gesluit.

Die volgende veiling is geskeduleer vir eerskomende Woensdag waar meer as 7 300 bale na verwagting aangebied sal word. 

Vir meer oor die vertoning van nog mikron tipes wol besoek ofm.co.za.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.