On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Pampoenplanter van Bultfontein-boer blink uit op #NAMPO2020

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Mon, 14 Sep 2020

Pampoenplanter van Bultfontein-boer blink uit op #NAMPO2020 | News Article
Foto: Verskaf

'n Vrystaatse boer wat bekend daarvoor is om unieke werktuie te vervaardag om veral kleinboere se take in Afrika se produksieproses te vergemaklik het vanjaar op die Nampo Virtuele-handelskou se boereplanne-kompetisie koning gekraai.


Michris Janse van Rensburg van die Bultfontein-gebied en die direkteur van die onderneming Backsaver Farming Equipment se pampoenplanter het in die afdeling vir planne met 'n vervaardigingswaarde van minder as R5000 gewen. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...

Sien onderstaande PODCAST

Janse van Rensburg sê dié pampoenplanter is aanvanklik as 'n eenry-planter ontwerp , maar twee-ry aanplantings is ook nou moontlik. Hy meen nêrens in die wêreld is daar 'n trekkerplanter wat pampoene kan aanplant nie, omdat dit 'n moeilike proses is. Pampoensaad is moeilik om te selekteer in ander planters omdat dié saad se pitgroottes verskil en dit is 'n plat saad, wat dit moeilik maak om te selekteer. Dit is juis daarom dat hy dié planter gebou het, daar was 'n behoefte daarvoor onder boere en soos gewoonlik het Janse van Rensburg toe 'n plan beraam.

Hy sê twee mense moet steeds die pitte fisies in dié planter inpak, maar die skyf wat voor hulle op die planter is, draai baie stadig teenoor die wielspoed. Dit maak die proses moontlik waarna dié planter dan outomaties aanplantings doen teen dieselfde diepte en afstand.

Deelname aan GSA en Omnia se boereplanne-kompetisie

Janse van Rensburg sê hy is dankbaar vir GSA en Omnia wat dié kompetisie op die Nampo-oesdag begin het. Hy het in die eerste kompetisie destyds deelgeneem en sy planterpatent het gewen. Dit is toe waar die idee ontstaan het om 'n onderneming te begin waar hy nuwe werktuie en ander patente kan begin. Dit is nou sy daaglikse taak om ander boere se probleme op te los met sy patente.

Dit het alles begin by die vervaardiging vir patente aan plaaslike Suid-Afrikaanse boere, maar met meer blootstelling het Janse van Rensburg se diens in Afrika uitgebrei. Hy voer nou sowat 80% van sy patente uit na Afrika. Dit behels die vervaardiging van werktuie (implemente), vir meestal kleinboere in Afrika , wat voorheen take met die hand verrig het.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.