Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 05:00 Mon, 14 Sep 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag goeie ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag nadat positiewe data rakende uitvoer in die Amerikaanse mark bekend gemaak is.
DIe Amerikaanse Departement van Landbou het in verlede week se nuutste wêreldvraag- en aanbod-verslag die Amerikaanse mielie-opbrengsskatting vir die seisoen afwaarts aangepas.
Die plaaslike mieliemark het Vrydag gemeng verhandel vir die dag met van die kontrakte wat sterker gesluit het terwyl van die ander kontrakte onder druk gekom het en laer gesluit het vir die dag.
Die witmieliemark het vir lewering in September 2020 R6/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 261/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020 R12/ton hoër verhandel om teen R3 172/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag goeie ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.
Die ondersteuning in die Amerikaanse sojaboonmark kan grootliks toegeskryf word aan positiewe uitvoer inligting tesame met die laer opbrengsverwagtinge vir die seisoen.
Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020, R70/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 738/ton te sluit.
Koring:
Die Amerikaanse koringmark het Vrydag onder druk gekom en het laer gesluit vir die dag.
Die druk op die internasionale koringmark kom nadat die Amerikaanse Departement van Landbou aangedui het dat die wêreld se koringproduksie hierdie seisoen nuwe rekord vlakke behoort te bereik.
Die plaaslike koringmark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R11/ton hoër verhandel om teen R4 902/ton te sluit.
OFM-nuus
