On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Finaliste vir Sauvignon Blanc SA Top 10-kompetisie bekend gestel

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 15 Sep 2020

Finaliste vir Sauvignon Blanc SA Top 10-kompetisie bekend gestel | News Article
Image: sauvignonblanc.com

Sowat 149 wyne is deur ongeveer 130 produsente ingeskryf vir vanjaar se Sauvignon Blanc SA Top 10-kompetisie, waarvan die 20 top-finaliste onlangs bekend gestel is.


Dié besonderse kompetisie word gekenmerk as die enigste Suid-Afrikaanse kompetisie uitsluitlik vir Sauvignon Blanc. Kaapse Wynmeester en sameroeper van beoordelaars vir dié kompetisie, Dr. Winifred Bowman, sê die meerderheid van die finaliste is van die Darling- en Durbanville-omgewing afkomstig en voeg by dat hulle nie vanjaar inskrywings van Noord-Kaapse wynprodusente gekry het nie. OFM-nuus se Elsabé Richard het met Bowman oor hierdie kompetisie gesels.

Sien onderstaande PODCAST

Vanjaar se kompetisie sien deelnemers uit verskeie streke wat meer as een toppresterende wyn gelewer het. Bowman sê hulle het 20 minder wyninskrywings ontvang in vergelyking met verlede jaar, wat toegeskryf kan word aan die coronavirus-pandemie.

‘n Verklaring wat deur die wyngroep uitgereik is, dui daarop dat vanjaar se finaliste agt wyne van die 2020-oesjaar en 10 van die 2019-oesjaar ingeskryf het, wat daarop dui dat 2019 ‘n goeie jaar vir Sauvignon Blanc was, “én die langlewendheid van die kultivar beklemtoon.”

Die top 20-finaliste is:

Alvi's Drift Sauvignon Blanc Reserve 2020

Bon Courage The Gooseberry Bush Sauvignon Blanc 2020

Cilmor Limited Edition Sauvignon Blanc 2019

D'Aria The Wild Thing Sauvignon Blanc 2019

Darling Cellars Gustus Sauvignon Blanc 2019

De Grendel Sauvignon Blanc 2020

Diemersdal Winter Ferment Sauvignon Blanc 2020

Elgin Vintners Sauvignon Blanc 2019

Ghost Corner Wild Ferment Sauvignon Blanc 2018

Highlands Road Sauvignon Blanc White Reserve 2017

Iona Elgin Highlands Wild Ferment Sauvignon Blanc 2019

Kleine Zalze Family Reserve Sauvignon Blanc 2019

Kleine Zalze Vineyard Selection Sauvignon Blanc 2019

Ormonde Chip Off The Old Block Sauvignon Blanc 2019

Paul Cluver Sauvignon Blanc 2019

Spier 21 Gables Sauvignon Blanc 2020

Stark-Condé Round Mountain Sauvignon Blanc 2019

Stellenbosch Vineyards Southern View Sauvignon Blanc 2020

Stellenrust Sauvignon Blanc 2020

Zevenwacht 7even Sauvignon Blanc 2020

Die wenners van dié kompetisie sal tydens ‘n virtuele toekenningsgeleentheid op 14 Oktober aangekondig word. Sauvignon Blanc-liefhebbers kan hierdie aanlynfeesviering bywoon deur aan te sluit op www.sauvignonblanc.com.

Bowman sê produsente kan deel word van volgende jaar se kompetisie deur eers ‘n lid van die Sauvignon Blanc assosiasie te word deur op www.sauvignonblanc.com te registreer.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.