On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Nampo-park gemis tydens vanjaar se virtuele ‘byeenkoms’

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 16 Sep 2020

Nampo-park gemis tydens vanjaar se virtuele ‘byeenkoms’ | News Article

Vanjaar se besonderse Nampo virtuele-handelskou het verskeie hoogtepunte gehad, maar die reuk van sosaties op die vuur was nie daar nie.


Dit is volgens Graan SA se Toit Wessels. Dié handelskou het aanlyn afgeskop op 9 September met verskeie sprekers en opvoerings om kykers te vermaak. Hierdie vier-dae lange virtuele ervaring was ‘n eerste vir die bedryf. Wessels sê hulle is trots op die aantal besoekers wat dié gebeurtenis bygewoon het. OFM-nuus se Elsabé Richard het met hom gesels.


Sien onderstaande PODCAST


Wessels sê dié handelskou was uniek en vreemd aangesien hierdie gebeurtenis jaarliks op Nampo-park by Bothaville in die Vrystaat plaasvind. Hy sê meer as 60 000 besoekers het vanjaar se aanlyn-uitstallings besoek. Wessels voeg by dat alhoewel hierdie syfers goed lyk, is die ervaring nie dieselfde nie aangesien “die persoonlike gevoel van vat, skop en sosatie eet” nie moontlik was nie.

Hy sê van die uitdagings wat hulle ondervind het op dag een, was beurtkrag en probleme met die internet, maar hulle kon gebruik maak van kragopwekkers. Hy sê ook die webblad was aan die begin moeilik vir sommige besoekers om te verstaan maar hulle kon dit teen die einde suksesvol navigeer.

Wessels het meegedeel dat hulle daarna uitsien om die fisiese Nampo volgende jaar op Nampo-park aan te bied. "Dis wat die mense wil hê en dis wat die uitstallers wil hê. Ons wil die familie-gevoel wat ons die laaste paar jaar gegenereer het, weer skep.” Dit, natuurlik, as die huidige koronavirus-pandemie volgende jaar onder beheer is.

Hy vertel ook dat hulle dit dalk mag oorweeg om volgende jaar nie net ‘n fisiese Nampo aan te bied nie, maar deelnemers ook toe te laat om virtueel aan die ekspo deel te neem.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.