On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Boere kan baat by georganiseerde landbou-organisasies

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 16 Sep 2020

Boere kan baat by georganiseerde landbou-organisasies | News Article

Georganiseerde lanbou-organisasies hou verskeie voordele in vir boere as ‘n geheel.


Een voorbeeld hiervan is dat boere deel kan vorm van ‘n groep wat dieselfde uitdagings in die gesig staar, en as een hand aan die regering se deur kan klop. Die sekretaris-generaal van die African Farmers Association of South Africa (Afasa), Nakana Masoka, het met OFM-nuus se Christal-Lize Muller gesels oor die belangrikheid van dié organisasies in die landbousektor, veral in die tyd waarin ons onself bevind.


Sien onderstaande PODCAST


Masoke sê alhoewel swart boere al vir jare deel is van landbou, begin hulle eers onlangs deel word van hoofstroom landbou. Hy verduidelik dat dit nie maklik is om as individu hierdie bedryf te betree nie, en dit is waarom dit belangrik is om deel te wees van só ‘n liggaam, sodat boere met een stem kan praat. Masoke voeg by dit sal dit moontlik maak dat daar in die toekoms een boere-unie sal wees wat alle boere – wit, swart, klein en kommersiëe - verteenwoordig.

Hy sê Afasa het drasties gegroei nadat die organisasie sy nasionale en provinsiale strukture versterk het en sy mandaat vir 2019, 2020 en 2021 uitgeklaar het. Masoka sê die siening dat die organisasie slegs kleinboere verteenwoordig, verander omdat kommersiële boere nou by Afasa aansluit.

Verder sê Masoka dat die kwessie van ras besig is om drasties te verander soos verskeie navorsers en akademici in landbou by dié organisasie aansluit, wat dit in staat stel om op verskillende vlakke in die sektor betrokke te raak.

 


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.