On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Wed, 16 Sep 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:
 
VSA se mieliepryse het Dinsdagoggend laer gedaal as gevolg van die afname in die vraag van China. 

In 'n verslag van die Amerikaanse Graanraad is Dinsdag bevind dat etanolproduksie waarskynlik eers in 2022 weer tot vlakke voor die pandemie sal terugkeer, wat 'n slegte teken is vir Amerikaanse mielieprodusente met groot mielie-oeste om te verkoop. 

Die plaaslike mieliemark het Dinsdag meestal gemeng verhandel oor die verskeie kontrakmaande wat tans gelys is van wit- én geelmielies. 

Die witmieliemark het vir lewering in September 2020 R18/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 274/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020 R4/ton hoër verhandel om teen R3 185/ton te sluit.


Sojabone:

Kommer oor oestoestande en die sterk Chinese vraag het sojaboonpryse in die VSA goed ondersteun. 

Sojabone het verlede week vroeë ryp gehad, wat veroorsaak het dat die gehalte graderings met 2% goed tot uitstekend tot 63% gedaal het vir die week wat op 13 September geëindig het. Sojaplante het in 'n vinnige tempo volwasse geword, met 37% van die bone wat blare laat val, 17% hoër as 'n week gelede en voor die vyfjaargemiddeld van 31%. 

Die plaaslike sojaboonmark het Dinsdag meestal ondersteuning gekry en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. 

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020, R50/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 850/ton te sluit.
 
Koring:

Swartsee se koringpryse het gisteroggend die Amerikaanse koring oortref, aangesien die koring, mieliepryse laer gevolg het in die handel. Die gebrek aan vraag van China het koringpryse laat daal. 

Ligte reën en koeler temperature word vandeesweek in die Noordwes- en Noordvlakte van die Stille Oseaan van Amerika voorspel, wat die oesvordering kan vertraag, veral in Washington en Noord-Dakota waar die oes onderskeidelik 87% en 90% voltooi is. 

Die plaaslike koringmark het Dinsdag wisselvallig verkeer om die dag gemeng te sluit oor alle kontrakmaande wat tans gelys is. 

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R7/ton hoër verhandel om teen R4 906/ton te sluit.


OFM News
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.