On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 17 Sep 2020

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat OFM-nuus se Elsabé Richard nou met die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher.


Sien onderstaande PODCAST


Laubscher sê die vraag wat spruit uit die Lanboubesigheidskamer, Agbiz, se vertrouensindeks wat in die derde kwartaal in die geheel verbeter het, is hoe blywend dié verbetering is en of dit nie net ‘n opflikkering van vals hoop is nie. Hy sê dit is dus nodig dat perspektief gegee word oor wat om te lees in die jongste veranderinge.

Verder sê Laubscher die indeks is ‘n waardevolle aanduiding van hoe landbou-besighede in Suid-Afrika dink oor hulle besigheid in en met landbou. Hy sê hierdie indeks dui ook aan wat verwag kan word in terme van die sektor se bydrae tot die ekonomie, want landbou besighede ontsluit die meeste waarde anderkant die plaashek.

“Die beweging van die indeks in die derde kwartaal is veral insiggewend teen die agtergrond van die tyd van insameling van data. Die opname is gedoen in die eerste twee weke van September terwyl daar nog geswoeg is met die herstel van die ekonomie namate inperkings gelig is en groter duidelik ten opsigte van beleid afgedwing moes word,” verduidelik Laubscher.

Hy sê die jongste Bruto Binnelandse Produk (BBP) se syfers het weer eens die waarde van ‘n groeiende landbousektor bevestig aangesien dit die enigste sektor is wat ‘n positiewe bydrae gelewer het tot hierdie BBP-syfers.

Laubscher is van mening dat hierdie positiewe bydrae kom nadat boere min steun van die regering ontvang het. Hy voeg by “die jongste beweging van die totale indeks dui op landbou se waarde binne die kudde van saakmakendes wat die ekonomie se insinking enersyds gebuffer het, maar ook duidelik gewys het wat gedoen kan word.” Laubscher het bygevoeg dat landbou die vermoë het om selfs die regering se “inperkende beleid te oorbie”.

Daarmee saam voeg hy by dat die regering ondersteuning moet toon en sy siening oor die sektor se rol in die heropbou van die ekonomie moet hersien.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.