On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Lewendehawe pryse styg steeds

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 17 Sep 2020

Lewendehawe pryse styg steeds | News Article

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen ...


Sien onderstaande PODCAST


Derksen sê lewendehawe pryse styg steeds. Hy sê Namibië en Botswana is vir alle praktiese doeleindes uit die mark as gevolg van die ernstige droogtes wat dié lande 18 maande gelede ervaar het. Derksen voeg by dat die moontlikheid van uitvoer van lewende beeste na die Midde Ooste ook ‘n positiewe invloed op die mark sal hê. Speenkalwers, onder 200kg, het teen R42,00 per kg verkoop, terwyl speenkalwers tussen 200kg en 250kg, teen R38,50, en speenkalwers oor 250kg, teen R34,30 per kg verkoop het.

Ander veilingspryse vir beeste:

A-klas beeste
R26,50 per kg






B-klas beeste
R23,25 per kg






C-klas vet koeie
R22,71 per kg






Maer koeie
Wissel tussen R17,00 en R19,12 per kg

Slagbulle
R24,55 per kg






Skape







Stoorlammers
R51,00 per kg






Slaglammers
R42,89 per kg






Stoorskape
R34,00 per kg






Vetskape
R33,52 per kg






Bokke







Lammers
R65,00 per kg






Ooie
R41,00 per kg







OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.