On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Hier is van jou hoof landboustories op OFM

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 18 Sep 2020

Hier is van jou hoof landboustories op OFM  | News Article

Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf.


OFM-nuus se Elsabé Richard lig nou vandeesweek se hoofstories op OFM uit….


Sien onderstaande PODCAST


Die feit dat boere met slegs een toe oog kan slaap, is hartverskeurend. Dié realiteit is tydens ‘n webinaar onthul toe vyf sprekers oor plaasaanvalle en voedselsekerheid in Suid-Afrika gepraat het. Daar is aan die lig gebring dat vanaf Januarie tot Augustus vanjaar, altesaam 278 plaasaanvalle en 44 plaasmoorde regoor die land plaasgevind het. President van die Wêreldlandbou-organisasie, dr. Theo de Jager, was een van die sprekers en sê Suid-Afrikaners alleen kan nie die stryd voer nie, die regering moet erken dat daar 'n probleem is. Hy het bygevoeg dat 'n verhouding tussen plaas-, gemeenskaps-, buurtwagte en die polisie positiewe resultate sal lewer in die stryd teen dié euwel. De Jager sê dat wanneer daar na debatte op sosiale media gekyk word, word die vinger dikwels na buitelanders as die skuldiges in dié verband gewys.

Een van die belangrike uitdagings wat landbougemeenskappe in Suid-Afrika in die gesig staar, is hul afhanklikheid van die regering. Dit is volgens die sekretaris-generaal van die African Farmers Association of South Africa (Afasa), Nakana Masoka. Masoka verduidelik dat sommige van sy lede afhanklik is van die regering se steun om vooruit te boer sodat hulle ook hul veegetalle kan uitbrei, wat hulle in staat sal stel om kommersiële boere te word. Hy sê die koronavirus-pandemie, wat die begroting van die regering verslind, maak vanjaar 'n uitdagende jaar vir boere wat steun en hulp nodig het.

EN

OndankS die streng koronavirusregulasies wat op sommige vlakke van die inperking toegepas is, wat 'n negatiewe uitwerking op die landboubedryf gehad het, het die derde kwartaal van hierdie jaar 'n oplewing getoon omdat meer sektore toegelaat is om sake te doen. Dit, aangesien die landboubesigheidsvertroue-indeks van 39 punte in die tweede kwartaal tot 51 punte in die derde kwartaal gespring het. Die hoofekonoom van die Landboubesigheidskamer van Suid-Afrika (Agbiz), Wandile Sihlobo, sê dit is 'n aanduiding datlandbou-ondernemings optimisme toon wat betref die saketoestande in Suid-Afrika. Hy sê dit is in lyn met data wat toon dat die meeste van die landbousektore nie ernstig geraak is deur die voortslepende Covid-19-krisis nie, aangesien die sektor as ‘n noodsaaklike diens geklassifiseer is en nie gesluit het nie.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.