On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Cape Wools SA: Wolmark toon weer eens toename op nasionale veiling

───   05:00 Fri, 18 Sep 2020

Cape Wools SA: Wolmark toon weer eens toename op nasionale veiling | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Vrydag, verskaf ons die weeklikse nasionale wolmarkverslag wat deur Cape Wools SA aan OFM-nuus beskikbaar gestel word.


Die vyfde veiling van die huidige seisoen het vandeesweek plaasgevind, met 'n kleiner aanbod van 6 508 bale en 'n algehele verkoopspersentasie van 97,8%. Luidens die Cape Wools SA wolverslag het die aanbod hoofsaaklik uit goeie gehalte fynwol bestaan wat goeie mededinging meegebring het. Ten spyte hiervan het die Rand se versterking van 2,8% teenoor die Amerikaanse dollar, die mark met 3,3% teenoor die vorige veiling versterk. In Amerikaanse dollarterme het die mark met 6,26% versterk.

Verder het die Australiese mark met 5,3% in Australiese dollarterme versterk. Die mark word hoofsaaklik deur 'n verbetering in vraag vanuit China gedryf. Sterker kort wol het beter as die markgemiddeld presteer, terwyl fyn langwol en veral volhoubare geproduseerde wol beter as die markgemiddeld presteer het.

Die vernaamste kopers was weer Lempriere SA (1 418), Standard Wool SA (1 230), Tianyu SA (1 217), en Modiano SA (1 135).

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was soos volg: 18,0 mikron styg met 3,6% en sluit teen R156,46/kg; 18,5 mikron neem toe met 3,2% en sluit teen R142,29/kg; 19 mikron verhoog met 2,7% en sluit teen R134,20/kg; 19,5 mikron versterk met 4,8% en sluit teen R128,60/kg; 20 mikron tipes is met 4,1% op en het op R120,54/kg gesluit.

20,5 mikron is 3,5% sterker en sluit op R116,14/kg; 21,0 mikron styg met 3,5% en sluit op R115,17/kg; 21,5 mikron het 1,6% toegeneem en sluit op R115,77/kg; 22 mikron styg 0,9% en sluit op R118,85/kg; en 22,5 mikron is 0,6% beter en het op R114,85/kg gesluit.

Die volgende veiling sal na verwagting op 23 September plaasvind.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.