On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 18 Sep 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:
 
Die Amerikaanse mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag met optimisme rakende die uitvoer van Amerikaanse mielies. 

Die Amerikaanse mielie-uitvoerverkope vir die week was ongeveer 1.6 miljoen ton, wat in lyn was met die weeklikse handelsverwagtinge. 

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakte van wit en geelmielies wat tans gelys is. 

Die witmieliemark het vir lewering in September 2020 R41/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 271/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020 R64/ton hoër verhandel om teen R3 165/ton te sluit.
 
Sojabone: 

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister ondersteuning gevind en het ongeveer 1.5% sterker verhandel vir die dag. 

Die Amerikaanse sojaboon-uitvoerverkope vir die week was ongeveer 2.6 miljoen ton wat aan die bokant was van die weeklikse handelsverwagtinge. 

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. 

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020, R148/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 884/ton te sluit.
 
Koring: 

Die Amerikaanse koringmark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag. 

Die Amerikaanse koring-uitvoerverkope vir die week was ongeveer 335 000 ton, wat laer was as die weeklikse handelsverwagtinge. 

Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. 

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R6/ton hoër verhandel om teen R4 890/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.