On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Inenting belangrik teen dieresiektes wat tot verliese kan lei

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Mon, 21 Sep 2020

Inenting belangrik teen dieresiektes wat tot verliese kan lei | News Article

Boere moet hul lewendehawe inent teen siektes aangesien dieresiektes ‘n groot verlies kan veroorsaak.


Dit is volgens veearts Faffa Malan. Malan het tydens een van Nampo Virtueel se programme gepraat oor verskillende siektes wat skape, bokke en beeste kan raak en die belangrikheid daarvan om hierdie diere in te ent teen siektes wat nadelige gevolge kan inhou vir die boer en die dier. 

Hier is dr. Malan...


Sien onderstaande PODCAST


Boere moet hulle kudde inent teen:

Absesse kom by alle diere voor. Hy sê boere moet versigtig wees wanneer hulle diere inkoop en waar die diere behandel word. Hy sê bakterieë kry toegang tot die dier deur, onder meer, ‘n klein wond en so kan diere mekaar aansteek. Malan voeg by van die simptome hiervan is geswelde gewrigte sowel as sitsiekte – waar die kiem die dier binnegedring het deur die stert wat afgesny is.

Bek-en-klouseer het boere baie skade toegedien. Luidens Malan kom hierdie siekte voor in buffels in die wildtuin en daarom moet lewendehawe wat langs die wildtuin wei, ingeënt word. Hy sê wanneer diere aangekoop word, moet hulle ondersoek word om seker te maak dat hulle vry is van dié siekte. Die simptome van hierdie siekte is, onder meer, koors en blasies om die voete en in en om die mond.

Sponssiektes kan oorgedra word deur oop wonde en teiken veral groeiende diere. Malan sê daar is verskillende tipes sponssiektes soos, onder meer, dikkopsponssiekte en baarmoedersponssiekte. Hy sê hierdie siekte kom ook voor in die hart en diafragma, waarna die diere vrek. Die simptome van hierdie siekte sluit in ‘n hoë liggaamstemperatuur, swak eetlus en lamheid.

Akkute rooiderm kom veral onder beeste in voerkrale voor. Bloedderm kom by skape voor. Malan verduidelik bloedderm kom voor wanneer die derm knoop en dit die bloedtoevoer afsny, wat die dier se dood kan veroorsaak.

Hartwater kom veral voor in die bosveld en word oorgedra deur die bontbosluis. Malan sê hierdie siekte word gediagnoseer deur ‘n breinsmeer te maak. Simptome hiervan is ‘n hoë koors, diere vreet minder en lyk lusteloos.

Miltsiekte kom voor in die wildtuin en enige dier kan dit kry. Malan sê aasvoëls kan hierdie siekte se kieme oordra op die waterkrippe. Hy sê mense kan ook hierdie siekte kry as hulle in kontak was met vloeistof van ‘n besmette dier. Hy sê volgens wet moet diere teen dié siekte ingeënt word.

Malan sê boere moet hulle veeartse nader vir inenting teen dieresiektes. Hy voeg egter verder by dat boere ‘n verkopersverklaring moet vra as hulle diere aankoop en om altyd biodiversiteit te bewaar.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.