On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 21 Sep 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:
 
Die Amerikaanse mieliemark het Vrydag ondersteuning gevind en het ongeveer 1% sterker verhandel vir die dag. 

Private uitvoerders het Vrydag ongeveer 211 000 ton se mielie-uitvoerverkope aan die Amerikaanse Departement van Landbou gerapporteer. Dit is vir lewering aan China in die 2020/21-seisoen.  

Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakte van wit- en geelmielies wat tans gelys is. 

Die witmieliemark het vir lewering in September 2020 R42/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 311/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020 R39/ton hoër verhandel om teen R3 206/ton te sluit.


 
Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het Vrydag ondersteuning gevind en het vir die 17de dag in die afgelope 19 dae sterker gesluit vir die dag. 

China het die afgelope 11 dae tot Vrydag toe elke dag sojaboon-aankope vanaf die VSA gedoen. Die nuutste was Vrydag se aankope van ongeveer 133 000 ton. 

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is. 

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020, R40/ton hoër verhandel vir die dag om teen R7 923/ton te sluit.


 
Koring: 

Die Amerikaanse koringmark het Vrydag ook die ander gewasse se tendens gevolg en het sterker verhandel vir die dag. 

Die Oekraïne se jaar tot datum koring-uitvoer is in lyn met die vorige seisoen se jaar tot datum uitvoer. Die Oekraïne is die 4de grootste koring uitvoerder in die globale konteks. 

Die plaaslike koringmark het Vrydag meestal gemeng verhandel met die naby maandkontrak wat ondersteuning gevind het terwyl die verder maandkontrakte onder druk gekom het. 

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R17/ton laer verhandel om teen R4 870/ton te sluit.
 

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.