On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

'Dis veldbrandseisoen, wees versigtig'

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 22 Sep 2020

'Dis veldbrandseisoen, wees versigtig' | News Article
Image: Twitter/Working on Fire

Hierdie tyd van die jaar word gewoonlik gekenmerk deur brande wat duisende hektare en eiendomme kan verswelg indien geen voorsorgmaatreëls getref word nie.


Hoofbestuurder van die Vrystaatse sambreel-brandbeskermingsvereniging (VSSBBV), Johann Breytenbach, sê hulle het die afgelope naweek sowat 21 brande in die Oos-Vrystaat bestry. Hy het met OFM-nuus gesels oor hoe brande voorkom kan word en die belangrikheid daarvan om ten alle tye voorbereid te wees vir ‘n brand. 

Hier is Breytenbach…


Sien onderstaande PODCAST


Breytenbach sê brande kom tradisioneel voor vanaf Julie tot einde Oktober terwyl Augustus, September en Oktober gewoonlik gekenmerk word as die piektydperk. Hy sê dié tydperk kan toegeskryf word aan warm temperature en sterk winde. Afhangend van wat die weerstoestande is, kan die brandseisoen verleng na Desember of Januarie in sekere dele van die Vrystaat. 

Breytenbach sê die Vrystaat is tans nie in ‘n reusagtige brandseisoen nie en verduidelik dat, as gevolg van droogtetoestande verlede jaar en die vorige jaar, daar minder brande was. 

Hy verduidelik dat brande deel is van die natuur en dit moet gebeur. Hy sê as ‘n brand nie plaasvind nie word dit uitgestel en sal dit in ‘n later stadium ‘n groter probleem wees. Hy sê een van die groot kwessies is onvoorbereidheid vir brande. Hy beklemtoon dat dit belangrik is om brandbane en toerusting op eiendomme te hê wat sal help om brande te bestry. Hy sê ‘n gebrek aan voorbereiding voor die brandseisoen kan paniek veroorsaak en tot groot verliese lei. 

Hy moedig mense aan om reeds voor die brandseisoen seker te maak dat brandbane in plek is en dat brandbare materiaal en gras naby huise en skure nie lank is nie.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.