On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

‘Posduif’, die toep wat lewens kan red

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 22 Sep 2020

‘Posduif’, die toep wat lewens kan red | News Article
Image: www.posduif.xyz

Die organisasie, Vriende van Landbou, het onlangs ‘n besonderse toep van stapel gestuur.


Die toep, genaamd Posduif, is ‘n GPS-opsporingsplatform wat individuele in staat stel om hul familie- en gemeenskapslede tydens spesifieke geleenthede en situasies op te spoor. Gerhard Kriel van dié landbou organisasie sê die toep stel mense in staat om in noodsituasies soos brande en plaasaanvalle te sien waarheen presies hulle moet gaan om hulp te verleen. 

Kriel het met OFM-nuus gesels oor die toep…


Sien onderstaande PODCAST


Kriel sê Willem Grobler, wat ook deel is van die organisasie, het die toep ontwikkel as deel van ‘n praktiese oplossing om so ook die landbougemeenskap te ondersteun.

Hy beskryf die toep as ‘n oplossing vir enige geleentheid of noodsituasie, veral waar ‘n persoon se lewe in gevaar is. Hy sê dié toep stel vas waar die persoon is, veral in situasies waar daar ‘n veldbrand of plaasaanvaal is. Die toep word ook op Vriende van Landbou se webtuiste beskryf as ‘n stelsel wat gebruikers toelaat om “hulle intydse ligging vanaf hul slimfoon met gemeenskap-organiseerders te deel.” Hy sê die kliënt kan enigetyd sy ligging op sy slimfoon deaktiveer nadat die geleentheid voltooi is.

Kriel sê enigiemand kan egter van hierdie toep gebruik maak. Hy sê selfs onderwysers wat leerders op ‘n toer neem en families wat met vakansie gaan, kan monitor waar lede is om hulle bewegings te monitor.

Kriel sê die toep is verlede week van stapel gestuur en is beskikbaar op Google Play Store sowel as die organisasie se webtuiste (www.vriendevanlandbou.com/www.friendsofagri.com). Posduif is gratis om af te laai maar ‘n klein fooi is betaalbaar wanneer daar van die diens gebruik gemaak word.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.