On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 22 Sep 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:
 
Die oesdruk in die VSA het verliese van 'n rondte winsneming oornag in die mieliemarkte vergroot. 

Die mielie-oes word steeds vinniger volwasse as die gemiddelde tempo as gevolg van verhoogde hitte-spanning in Augustus. Vanaf die verslag van verlede week het volwasse mielies 9% hoër as die vyfjaar-gemiddelde gestyg om 41% te bereik.

Die plaaslike mieliemark het Maandag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakte van wit- en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in September 2020 R125/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 436/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in September 2020 R78/ton hoër verhandel om teen R3 284/ton te sluit.


 
Sojabone: 

Die sojaboon-termynkontrakte het vanoggend laer beweeg in die VSA namate beleggers onttrek het sedert 'n hoogtepunt verlede week.

Die gewaskwaliteit het verswak met 1% tot 63% in ‘n goed tot uitstekende toestand. Daar word verwag dat die oes vinniger sal verouder in die Oesvorderingsverslag van vandag, asook 'n eerste oorsig op die oesvordering in die VSA.

Die plaaslike sojaboonmark het Maandag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in September 2020, R167/ton hoër verhandel vir die dag om teen R8 090/ton te sluit.


 
Koring:

Koringpryse het vanoggend in die VSA sterker verhandel as gevolg van droogtetoestande in Argentinië, 'n laer Oekraïense oes en die stadige verkope van koring in Rusland, te midde van die toenemende vraag uit Egipte en Turkye. 

Sagte wit koringoes in die Pacific-Northwest en harde rooi lente-oes in die Noordelike Vlakte van die VSA is besig om af te neem, met 95% van albei die oeste wat verlede Vrydag voltooi is. Die durum-oes is meer as 70% geoes, alhoewel die vordering in Noord-Dakota en Montana die tempo van verlede jaar oorskry en na verwagting binne 'n week sal eindig.

Die plaaslike koringmark het Maandag meestal sterker verhandel met alle kontrakte wat ondersteuning gevind het.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R34/ton hoër verhandel om teen R4 904/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.