On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Inwendige parasiete - die 'onsigbare winsvreters’

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 23 Sep 2020

Inwendige parasiete - die 'onsigbare winsvreters’ | News Article
Foto: www.sciencealert.com

Die probleem met sommige inwendige parasiete is dat dit nie gesien kan word nie.


Dit is volgens veearts Faffa Malan. Malan het tydens een van Nampo Virtueel se programme gepraat oor verskillende tipes inwendige parasiete en hoe dit die dier kan beïnvloed. 

Hier is dr. Malan...


Sien onderstaande PODCAST


Malan sê inwendige parasiete kom gewoonlik voor in die dier se spysverteringskanaal. Hy sê lintwurms is egter die enigste inwendige parasiet wat sigbaar is en kan in diere se mis gesien word. Hy verduidelik dat hierdie parasiete in verskillende kategorieë verdeel kan word, naamlik ronde-, plat-, lint- en slakwurms.

Hy sê dit is belangrik om kennis te dra van hierdie parasiete omdat dit, ondermeer, tot gedeeltelike of algehele aptytverlies en vrektes kan lei. Malan voeg by dat inwendige parasiete ook bloedarmoede en diarree kan veroorsaak wat tot dehidrasie lei.

Hy verduidelik dat daar gashere moet wees om parasiete aan diere bloot te stel. Hy sê hierdie gashere besmet dan die weidingsveld deur eiers daarop te lê, waarna vogtigheid, suurstof en die regte temperature daartoe sal lei dat die eiers uitbroei.

Verskillende inwendige parasiete in lewendehawe:

Haarwurms suig die dier se bloed en kom voor in die dier se melkpens.

Bruinmaagwurm beskadig die selle wat soutsuur vervaardig.

Haakwurms kan vrektes veroorsaak. Diere word deur hulle vel besmet en dit kan ook voorkom in honde en katte. Malan sê ook ouers moet kennis neem van velmolle wat onder die vel kruip en hy waarsku teen sandputte waarin kinders gewoonlik speel.

Spoelwurms kom voor in beeste terwyl knoppieswurms groot skade aan die dier se derms kan veroorsaak en tot die dier se dood lei.

Sambokwurms kan diaree veroorsaak.

Rondewurms kan ook in die dier se longe voorkom. Malan sê dit kom veral voor in vogtige gebiede en word deur vlieë oorgedra.

Vir meer inligting oor hoe om van inwendige parasiete ontslae te raak besoek: hulp.landbou.com/kundiges/vra-vir-faffa/.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.