On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Vriende van Landbou nooi jou uit na ‘n virtuele nagmaal

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Wed, 23 Sep 2020

Vriende van Landbou nooi jou uit na ‘n virtuele nagmaal | News Article
Foto: Facebook/Vriende van Landbou

Die landbou-organisasie Vriende van Landbou hou eerskomende Sondag ‘n virtuele nagmaal op hulle Facebook-blad.


Hierdie nagmaal is vir landbouprodusente sowel as verbruikers. Gerhard Kriel van dié landbou-organisasie het met OFM-nuus gesels oor wat die tema van die nagmaal is en wat mense kan verwag tydens hierdie virtuele diens. 

Hier is Kriel…


Sien onderstaande PODCAST


Kriel sê die virtuele diens, wat Sondag 27 September om 11:00 begin, word deur die Vriende van Landbou-ondersteuningsnetwerk aangebied.

Hy deel dat die tema van die diens ‘Dankbaarheid’ is en voeg by dat daar verskeie getuienisse sal wees van mense in landbou oor dankbaarheid in hulle lewe. Hy sê die tema spruit uit al die goeie dinge wat vanjaar plaasgevind het, ten spyte van die koronavirus-pandemie wat die hele wêreld ‘n slag toegedien het.

Hy sê dinge waarvoor die landbou bedryf dankbaar is is veral, onder andere, vanjaar se verwagte goeie oes.

Van die sprekers wat deel sal vorm van die diens, is onder andere Jannie de Villiers van Graan SA; Chris Venter wat die voormalige uitvoerende hoof van Afgri is, en Rita Andreas van die Wes-Kaap wat streef om die verhouding tussen plaaswerker en werkgewer te herstel en te versterk.

Die program word deur die radio- en televisiepersoonlikheid, Lindy Strydom, gelei terwyl die diens deur Dominee Pieter van Jaarsveld van die NG Kerk in Bothaville in die Vrystaat aangebied word.

Om deel te wees van hierdie virtuele nagmaal, gaan na Vriende van Landbou se Facebook-blad: www.facebook.com/vriendevanlandbou of besoek www.vriendevanlandbou.com.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.