On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Braai ‘n tjoppie op erfenisdag, sê RPO

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Thu, 24 Sep 2020

Braai ‘n tjoppie op erfenisdag, sê RPO | News Article

Die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die Vrystaat moedig inwoners aan om ‘n tjoppie te braai vir erfenisdag.


Die voorsitter van die organisasie in die provinsie, Gielie Nieuwoudt, het met OFM-nuus se Elsabé Richard gesels oor hoe vleispryse in die provinsie lyk en inisiatiewe wat die RPO van stapel gestuur het om braaidag aan te moedig…


Sien onderstaande PODCAST


Ter viering van erfenisdag, wat ook gekenmerk word as nasionale braaidag, sê Nieuwoudt dat die organisasie ‘n R1000 bewillig vir die persoon wat die RPO “tag” in ‘n video of foto van hulle braai op die organisasie se Facebook-blad. Hy sê die prys bestaan uit ‘n R500 koopbewys vir die persoon wat wen by die slaghuis van sy keuse. Hy verduidelik verder dat die oorblywende R500 vir ‘n verdienstelike organisasie gaan, geïdentifiseer deur die wenner, wat ook by ‘n slaghuis van hulle keuse bestee kan word.

“Dit is altyd vir ons ‘n riem onder die hart. Ons wil graag hê die mense moet lekker braai. Daar is niks lekker as om saam met familie en vriende ‘n lekker biefstuk of skaaptjoppie op die kole te plaas nie,” getuig Nieuwoudt.

Hy noem egter dat die rooivleisbedryf deur ‘n moeilike tydperk gegaan het tydens die nasionale Covid-19-inperking, toe veilings nie toegelaat is om voort te gaan nie. Hy sê hierdie regulasies het ‘n negatiewe impak op vleispryse tot gevolg gehad.

Nieuwoudt verduidelik verder dat veediefstal ook ‘n kwessie is wat rooivleispryse raak. Hy sê dié misdaad raak nie net die Vrystaat nie, maar die res van die land.

Hy sê veediefstal het ‘n groot impak op rooivleisprodusente se vermoë om rooivleis winsgewend te produseer en beloop miljarde rand per jaar.

In lig van hoe vleispryse tans lyk, sê Nieuwoudt: “Die prys van rooivleis het geleidelik begin styg en dit neig nog steeds opwaarts - wat goeie nuus is vir ons produsente soos wat vraag en aanbod dit bepaal.” Hy sê rooivleis bly egter steeds ‘n baie bekostigbare bron van proteïene.

Hy verseker verbruikers dat Suid-Afrikaanse rooivleisprodusente van die beste rooivleis ter wêreld produseer en dat die produk baie gesond en veilig is. Nieuwoudt voeg by dat rooivleisprodusente ‘n uitstekende kwaliteit proteïene teen bekostigbare pryse voorsien.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.