On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Thu, 24 Sep 2020

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat OFM-nuus se Elsabé Richard nou met die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher.


Sien onderstaande PODCAST


Laubscher sê een van die grootste bekommernisse globaal, is waar en hoe die wêreld se bevolking teen 2050 en daarna gevoed gaan word te midde van talle uitdagings.

Hy sê die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel- en Landbou-organisasie het ‘n baie belangrike verslag vrygestel, naamlik: “The future of food and agriculture – alternative pathways to 2050” waarin verskeie alternatiewe maniere geïdentifiseer is oor hoe om die bogenoemde kwessie aan te pak.

Te midde van sosio-ekonomiese vooruitgang, wat welvaartskepping, instandhouding en herstel aanbetref, sê Laubscher daar bly steeds betekenisvolle knelpunte op die lys van onafgehandelde sake. Hy verduidelik dat hierdie onafgehandelde sake in die pad van die internasionale gemeenskap se verbintenis staan om teen 2050 ‘n wêreld vry van honger en wanvoeding te hê.

Hy sê lande aan die suidpunt van Afrika is mede-ondertekenaars van hierdie visie, maar sukkel in eie reg met baie uitdagings. Hy voeg by deel van dié uitgadings is die kwessie van vrees oor ‘die wat wil hê, gaan vat’. Laubscher sê daar is afdoende bewyse dat mense die gemeenregtelike vereistes ignoreer en weiding oor grense steel. Hy sê die Lesotho-Vrystaat grens is ‘n voorbeeld hiervan.

Verder sê Laubscher dat volhoubaarheid steeds ‘n wagwoord op alle vlakke is. Hy sê daar word egter nou aanvaar dat die sogenaamde ‘millennial’ doelwitte met 2030 as mylpaal nie gehaal sal kan word nie. Dit, aangesien die Covid-19-pandemie dié doelwit verder onder druk geplaas het.

Hy sê volhoubaarheid bly in gedrang, veral wat landbou aanbetref, en in die kern hiervan lê onsekerhede. Laubscher verduidelik: “Hieronder tel bevolkingsgroei, dieetkeuses, tegnologiese vooruitgang, die stand van natuurlike hulpbronne, klimaatsverandering en uiteraard die volhoubaarheid van vredesinisiatiewe.”

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.