On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Thu, 24 Sep 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Weervoorspellings in die VSA bevoordeel die vinnige oestempo van boere, verbeter die oestoestande en die vooruitsigte vir groot eindvoorrade het mielietermynkontrakte verlaag in oornagverhandeling.

Die produksie van etanol bly die afgelope 11 weke tussen 143 miljoen - 181 miljoen liter / dag se produksie. Produksie is slegs 86% - 90% van die pre-pandemiese vlakke, hoofsaaklik as gevolg van die onderdrukte verbruikersbrandstofvraag en sal waarskynlik voortgaan om te sukkel om weer na hierdie vlakke terug te keer, aangesien 'n groot deel van die werksmag tuis bly.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakte van beide wit en geelmielies wat tans gelys is.

Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R46/ton sterker verhandel vir die dag om teen R3 429/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R24/ton sterker verhandel om teen R3 349/ton te sluit.

Sojabone:

Die sojabone pryse het oornag in die VSA weens die oesdruk gedaal, ondanks die sterk vraag van China.

Internasionale kopers het gister gebruik gemaak van dalende kommoditeitspryse. China het 266 000 ton sojabone vir die 2020/21 bemarkings jaar aangekoop.

Die plaaslike sojaboonmark het gister wisselvallig verhandel maar het meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2020, R56/ton hoër verhandel vir die dag om teen R8 161/ton te sluit.

Koring:

'n Rondte winsneming het koringmarkte in die VSA vanoggend opwaards gedruk ná 'n toename in internasionale aktiwiteite gister.

Internasionale koringaktiwiteit word oornag opgeneem. Taiwan het 92 000 ton Amerikaanse koring uit die Pacific Northwest opgeraap. Die besending, wat bestaan uit sagte wit, harde rooi lente en harde rooi winterkoring, word tussen 14 November en 15 Desember vanjaar na Taiwan gestuur.

Die plaaslike koringmark het Dinsdag meestal sterker verhandel met alle kontrakte wat ondersteuning gevind het.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R17/ton hoër verhandel om teen R4 933/ton te sluit.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.