On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

NK-man wil groentetuin bou om tieners uit gevaar te hou

───   05:30 Fri, 25 Sep 2020

NK-man wil groentetuin bou om tieners uit gevaar te hou | News Article
Patrick Klaaste

Dwelmmisbruik, geweld en werkloosheid in gemeenskappe regoor die land bly steeds knellende kwessies.


Die gemeenskapsaktivis in Upington in die Noord-Kaap, Patrick Klaaste, wil egter hierdie kwessies by die horings pak en ‘n groentetuin verbou wat gemeenskapslede, veral jong kinders, uit die hande van geweld en dwelmmisbruik sal hou. 

Hier is Klaaste….


Sien onderstaande PODCAST

        

Klaaste sê die doel van hierdie inisiatief is om ‘n dwelmvrye gemeenskap te vestig. Hy sê gemeenskapsgroentetuine behoort ‘n bydrae te lewer tot die verligting van mense, veral in die platteland. Hy sê hierdie tuine kan terselfdertyd bydra tot die verskaffing van werk en die daarstel van ‘n gesonder samelewing.

Klaaste het vroeër vanjaar aansoek gedoen by die plaaslike regering vir ‘n stuk grond om hierdie inisiatief ‘n realiteit te maak, maar wag steeds op terugvoering in die verband. Die grond waarvoor hy aansoek gedoen het, lê sentraal in die Hillside-gemeenskap in Rosedale waar hy en ander belanghebbendes beplan om die tuin te bou. Klaaste sê sy visie sluit ook in om ‘n speelpark vir kinders tussen die ouderdomme van 6 en 12 jaar langs die groentetuin te stig.

Hy sê die rede hiervoor spruit uit kommer want “daar is geen park meer in die distrik van Upington wat ‘n speelpark is nie. Alle parke word gebruik vir dwelmmisbruik en bendegeweld”.

Klaaste sê streng reëls gaan toegepas word om te verseker dat die groentetuin en speelpark nie in besit van bendes en dwelmverbruikers opeindig nie.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.