Agri Hour
Hier is van jou hoof landboustories op OFM─── ELSABÉ RICHARD 05:00 Fri, 25 Sep 2020
Ons kyk nou na jou week in die landboubedryf.
OFM-nuus se Elsabé Richard lig nou vandeesweek se hoofstories op OFM uit...
Sien onderstaande PODCAST
Boere in die droogtegeteisterde Noord-Kaap voel positief nadat weervoorspellers aangedui het dat goeie reënvooruitsigte op die kaarte is vir dié provinsie. Luidens die president van Agri Noord-Kaap, Nicol Jansen, is ‘n La Nina-fase voorspel, wat daarop dui dat die provinsie goeie reënval sal ervaar vanaf November vanjaar tot Februarie volgende jaar. Hy sê hierdie voorspelling bring hoop vir boere in die provinsie. Jansen sê egter dat voorspellings nie droogtes breek nie en hy voeg by dat talle reënvoorspellings in die verlede nie gerealiseer het nie.
Agritourism will benefit greatly from level 1 of the lockdown. Wandile Sihlobo, chief economist at the Agricultural Business Chamber of South Africa, Agbiz, says agritourism has been hit hard by the pandemic, along with the wider tourism industry. The agritourism industry includes hunting tourism, rural tourism, wine tourism, and nature-based tourism. Sihlobo further adds that these activities provide additional income to farming businesses and create jobs in rural areas. Sihlobo adds that aside from agritourism, the broader agricultural sector has been open for business from the beginning of the lockdown as it was classified as essential.
Om bewustheid oor die gevare van hondsdolheid en die belangrikheid van inenting op te skerp, word Wêreldhondsdolheiddag wêreldwyd elke jaar op 28 September gevier. Ernest Ngoepe van die Landbounavorsingsraad (LNR) sê die hoofdoel van hierdie dag is om bewustheid te kweek oor die impak van hondsdolheid op mense en diere, asook hoe maklik dit is om die siekte op te doen. Hy sê as daar na hondsdolheid in Suid-Afrika gekyk word, is honde die hoofbron van die siekte. Ngoepe sê dit kan egter deur middel van inentings voorkom word. Hy doen 'n beroep op troeteldiereienaars om die departement van landbou in hul streek te kontak en uit te vind wanneer 'n veldtog om diere teen hondsdolheid in te ent, van stapel gestuur gaan word.
Water storage in the Free State has improved significantly with some of the dam levels reaching more than 80%. However, the provincial Department of Water and Sanitation warned that there is an anticipated increase in water use as economic activities are being opened with the dropping of national lockdown levels. The Provincial Head of Free State Operations, Tseliso Ntili, says the fact that most of the Free State water storage system is in a better state as compared to previous years, should not breed complacency.
OFM News
