Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 07:39 Mon, 28 Sep 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Die mieliepryse het Vrydag effens gestyg ná tegniese aankope in die Verenigde State van Amerika (VSA), hoewel die ongunstige weer wat van einde Augustus tot middel September gestrek het verby was, het pryse die vorige vier sessies vroeër vandeesweek gedaal.
Die Europese Unie (EU) se handelsportaal Coceral het sy voorspellings vir 2020 EU-graanproduksie matig verlaag tot 62 miljoen ton, en dit het met 2,9% gedaal van sy ramings in Augustus nadat die streek die afgelope maand deur baie warm, droë weer gesukkel het.
Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakte van wit en geelmielies wat tans gelys is.
Die witmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R49/ton sterker verhandel vir die dag om teen R3 478/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Desember 2020 R37/ton sterker verhandel om teen R3 386/ton te sluit.
Sojabone:
Sojaboonpryse het net so hoog beweeg dat dit meer as $10 per bushel kon klim tydens 'n ligte tegniese aankope Vrydag in die VSA.
China, verreweg die wêreld se no.1-invoerder van sojabone, het in Augustus 9.598 miljoen ton olie-saad gekoop. Die oorgrote meerderheid (85%) van die totaal is afkomstig uit Brasilië.
Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag wisselvallig verhandel maar het meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Desember 2020, R24/ton hoër verhandel vir die dag om teen R8 185/ton te sluit.
Koring:
Koringpryse het Vrydag vervaag nadat 'n flou rondte uitvoergegewens nuwe kommer laat ontstaan het oor die tempo van Amerikaanse verkope in 'n baie mededingende wêreldmark.
Die graanhandel organisasie van die Europese Unie, Coceral, het meestal sy beramings vir die produksie van sagte koring in die EU bestendig gehou, met 129 miljoen ton. Die groep het wel sy voorspellings vir die produksie van mielies en gars in die EU verlaag, met verwysing na wye warm, droë weer hierdie somer.
Die plaaslike koringmark het Vrydag meestal sterker verhandel met alle kontrakte wat ondersteuning gevind het.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R11/ton hoër verhandel om teen R4 944/ton te sluit.
OFM-nuus
