On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   06:42 Tue, 29 Sep 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Die Amerikaanse mieliemark het gister ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag nadat daar twee groot uitvoerverkope gister gerapporteer was.

Die weeklikse uitvoerinspeksies is op ongeveer 807 000 ton gerapporteer. Dit was nader aan die bopunt van die weeklikse handelsverwagtinge en 5% meer as die vorige week se uitvoer.

Die plaaslike mieliemark het gister meestal gemeng verhandel met die witmieliekontrakte wat onder druk gekom het terwyl die geelmieliekontrakte ondersteuning gevind het.

Die witmieliemark het vir lewering in Oktober 2020 R22/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 472/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Oktober 2020 R10/ton hoër verhandel om teen R3 360/ton te sluit.

 

Sojabone:

Die Amerikaanse sojaboonmark het gister onder druk gekom en het laer verhandel vir die dag met die stroopdruk in die VSA wat druk op die pryse plaas.

Die weeklikse uitvoerinspeksies is op ongeveer 1.2 miljoen ton gerapporteer. Dit was effens laer as die vorige week se uitvoer en reg in die middel van die weeklikse handelsverwagtinge.

Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Oktober 2020, R105/ton hoër verhandel vir die dag om teen R8 205/ton te sluit.

 

Koring:

Die Amerikaanse koringmark het gister gemeng verhandel, maar het meestal ondersteuning gevind om sterker te verhandel vir die dag.

Die weeklikse uitvoerinspeksies is op ongeveer 563 000 ton gerapporteer. Dit was reg in die middel van die weeklikse handelsverwagtinge.

Die plaaslike koringmark het gister meestal ondersteuning gevind en het sterker verhandel vir die dag.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R5/ton hoër verhandel om teen R4 949/ton te sluit.


OFM-nuus

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.