On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Stoetbeeskuddes en -telers kry nasionale erkenning

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:50 Tue, 29 Sep 2020

Stoetbeeskuddes en -telers kry nasionale erkenning | News Article

Standard Bank en SA Stamboek se Elite-eerbewysgeleentheid het vanjaar baie goed afgeloop al kon dit nie fisies aangebied word nie weens die gedwonge kansellasie van die Bloemskou tydens die Covid-19-pandemie se inperkingsregulasies.


Dié gewilde geleentheid is egter Vrydagaand virtueel aangebied. Dr. Japie van der Westhuizen, algemene bestuurder van Stamboek SA, sê dit was 'n nuwe ervaring vir hulle om die geleentheid wat saam met die Bloemskou aan die einde van April sou plaasvind, digitaal aan te bied. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê daar was verskeie afdelings waarin erkenning aan telers en hul kuddes gegee is. In die Vleissentraal SA Stamboek Elite-bulgroeitoetsklas, wat jaarliks groot aftrek geniet, kon daar nie 'n algemene wenner aangewys word nie, omdat die bulle wat deur die onderskeie telersgenootskappe genomineer is, nie in die ring beoordeel kon word nie. Daar was vanjaar egter 22 bulle wat in dié klas genomineer is. Van der Westhuizen sê dit is die meeste bulle nog wat sedert die ontstaan van die klas in 2012 ingeskryf is. 

Hy sê 'n bul per ras is genomineer. Dit sluit bulle in wat gepresteer het in 'n groeitoets in die voorafgaande jaar. Dié jong bulletjies is saam met hul tydgenote getoets, en op grond van hul uitsonderlike prestasie kon 'n genootskap 'n bul nomineer wat funksioneel goed lyk. Interrasbeoordeling vind dan plaas, waarna bulle dan vereer word.  

Hoewel 'n algehele wenner in dié klas nie vanjaar aangewys kon word nie, het Vleissentraal sertifikate uitgereik en dit sal individueel op plase aan telers oorhandig word.

Die Plaas Media SA Stamboek Elite Platinum-buleerbewyse was vanjaar ook gewild. In dié klas word erkenning gegee aan bulle met 'n bewese rekord van groeidoeltreffendheid met moeders wat eweneens bewys gelewer het dat hulle die baie streng toets van Stamboek geslaag het, om ten minste twee keer agtereenvolgens 'n goue status te bereik. Dié status sluit onder meer in dat sewe of meer kalwers gespeen is, met baie streng voorwaardes ten opsigte van ouderdom, eerste kalwing, kalfintervalle, gewigsprestasie van elke gespeende kalf en BLUP-teelwaardes oftewel die beste liniêre onsydige beraming vir reproduksie, voorspeense groei, melk, en geboortegewig. Slegs die top-vyf bulle het eerbewyse ontvang.

Die Landbouweekblad SA Stamboek Elite Platinum-vleisbeeskoei eerbewyse erken die rol wat teelkoeie speel in volhoubare wins in vleisbeeskuddes. Ook in dié klas is erkenning aan 'n koei van elke ras gegee.

Vir meer inligting oor die onderskeie deelnemers, kliek op dié skakel, https://fliphtml5.com/wdlxw/sjeb


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.