On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Onwettige plaasjagtogte met honde aangespreek

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:13 Wed, 30 Sep 2020

 Onwettige plaasjagtogte met honde aangespreek | News Article

Die gebruik van honde om vee en wild onwettig op plase te jag word nou aangespreek.


Tommie Esterhuyse, voorsitter van landelike veiligheid by Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, sê daar word vordering gemaak om dié misdryf te bekamp. Daarmee saam is Esterhuyse ook positief oor vordering wat gemaak word in terme van die instelling van die hersiende nasionale landelike beveiligingstrategie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Esterhuyse gepraat...

Sien onderstaande PODCAST

Volgens hom is daar toenemende voorvalle van die onwettige jag van vee, beeste en skape in die veld, asook kleiner wild, soos bokkies, in veral die Vrystaat en die Oos-Kaap. Hy sê vordering is egter gemaak om dit te voorkom met 'n  komitee wat saamgestel is. Dié werkgroep bestaan uit lede van die polisie en ander betrokkenes. Agri SA dien ook daarop en daar word nou saam met die polisie in dié verband gewerk.

Hy sê vordering word ook gemaak in terme van die polisie wat nou erken het dat dit hulle verantwoordelikheid is om na die honde om te sien nadat inhegtenisnemings plaasgevind het. Die polisie het ook onderneem om dié kwessie met die Nasionale Dierebeskermingsvereniging op te neem. Die NDBV is verantwoordelik vir die veilige vesting van honde wat gebruik is om onwettig mee te jag, nadat daar inhegtenisnemings van verdagtes was.  

Hy sê booswigte gebruik honde om wilde diere soos hasies en klein bokkies te jag, terwyl wedywering plaasvind. Honde word gebruik om mee te jag, nie slegs om kos te bekom nie, maar die booswigte kompeteer met mekaar. Geld is betrokke en die eienaar word beloon vir die tipe diere wat hul honde gejag het.

Daarmee saam sê Esterhuyse die instelling van die hersiende landelike beveiligingstrategie deur die polisie vorder ook met ses spesiale ondersoek-eenhede wat gevorm is om misdrywe in probleemgebiede te ondersoek. Die daarstel van 'n meer boere-vriendelike reservistestelsel word nou ook ondersoek.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.