On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agri Hour

Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher?

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:31 Thu, 01 Oct 2020

 Wat sê die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher? | News Article

Soos oudergewoonte op ‘n Donderdag, praat OFM-nuus se Christal-Lize Muller met die landbou-ekonoom, dr. Kobus Laubscher.


Sien PODCAST aan die einde van die bladsy


Hy praat oor die verlies van kos, wat dalk in die toekoms in 'n volgende pandemie kan ontaard en verwys na die eerste internasionale dag wat verklaar is om op die bewusmaking van kosverlies te fokus. Dit het Dinsdag plaasgevind in aanloop tot die eerste bekendmaking van metodologie om voedselverlies volgens dieselfde maatstawwe te meet.  Volgens Laubscher was die bewusmakingsveldtog 'n gesamentlike poging van die Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) en die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram (UNEP) om nie slegs voedselverlies te bekamp nie, maar ook om bewustheid te kweek vir dié verlies en in terme van die omgewing te kwantifiseer. 

Hy sê daar is baie meriete ten gunste van argumente vir ‘n meer gebalanseerde benadering tussen tegnologie-aanwending om meer kos met minder te produseer, teenoor verliesvermindering. Daar kan met reg geargumenteer word dat die beskikbaarheid van meer kos nie noodwendig kos aan meer mense verskaf nie, want die verliese bly beduidend. Meer kos lei tot die vul van gapings, maar daar kan tereg gewonder word wat sou gebeur as daar nie soveel geproduseer is nie? Dit sou tot gevolg gehad het dat daar meer honger mense sou wees. Groot kommer heers egter oor die skadelike impak in terme van kweekhuisgasse, wat gegenereer word met kos wat geproduseer, maar nie geëet word nie. Na raming gaan tot 14% van alle kos verlore nog voordat dit markte bereik. 

Laubscher sê die Covid-19-pandemie het nie net bygedra tot verdere verliese nie, maar het ‘n betekenisvolle bydrae gelewer tot hongersnood. In Suid-Afrika is daar tot 14 miljoen mense wat kronies honger is en nie weet waar die volgende bord kos vandaan gaan kom nie. Met die verwagte skerp toename in werkloosheid is daar geen vooruitsig dat hierdie situasie kan verbeter nie. Sosiale ondersteuning by wyse van toelaes en veral dié tydens die pandemie het letterlik kos op baie tafels geplaas en die verwagting is dat die situasie onbepaald gaan voortduur. Dit plaas enorme druk op die fiskus en kan dalk noodsaaklike bydrae tot voedselverlies bestuur, beperk en só kan ontsnapping uit die spiraal vertraag word. Indien die geraamde waarde van voedselverlies verreken word, is die vermindering van die nagenoeg 400 Amerikaanse Dollar per jaar ‘n teiken wat eenvoudig aangespreek moet word. 

Ten einde die probleem reg aan te pak, is dit nodig om te verstaan wáár die verliese ontstaan. Kosverliese verwys na die gedeelte van die produksie nadat die produkte die plaashek verlaat het, maar nie die kleinhandel bereik nie. Kosvermorsing gebeur daarna en neem allerhande vorms aan. Kommer bestaan oor die impak van vermorsing as gevolg van sogenaamde kosmetiese waardes – kos wat nie mooi genoeg lyk nie.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.