On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agri Hour

Veilingspryse daal ietwat, maar is steeds belowend

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:34 Thu, 01 Oct 2020

Veilingspryse daal ietwat, maar is steeds belowend  | News Article

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.


Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen...

Volgens Derksen het die mark teruggesak vandeesweek en daar is geen goeie rede daarvoor nie. Die prys wat lewende hawe behaal het, was egter steeds goed met speenkalwers onder 200kg, wat op dié plaaslike veilings teen R41,50 per kg verkoop het. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R38,75, en speenkalwers oor 250kg het teen R36,88 per kg verkoop. 

Ander veilingspryse vir beeste:


A-klas beeste
R26,80 per Kg



B-klas beeste    R22,76 per kg


C-klas vet koeie R22,04 per kg


Maer koeie     R17,00 per kg - R19,20
Slagbulle      R23,09 per kg


Skape



Stoorlammers    R49,25 per kg


Slaglammers    R41,55 per kg


Stoorskape   R29,00 per kg


Vetskape  R28,07 per kg


Bokke



Lammers      R60,88 per kg


Ooie     R35,11 per kg


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.