Agri Hour
Agri-Uur: Jongste Safex-nuus─── 08:15 Fri, 02 Oct 2020
Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.
Mielies:
Amerikaanse mieliepryse staar 'n interessante toets in die gesig soos die week einde se kant toe staan. Oornaghandelseine het nog 'n rondte van winste Donderdag in die Verenigde State van Amerika (VSA) bewerkstellig met winste van byna 1% wat bewerkstellig is.
Die VSA se weeklikse etanolproduksie het tot die laagste vlakke sedert middel Junie gedaal, en het vir die derde agtereenvolgende week gedaal tot 'n daaglikse gemiddelde van 881 000 vate, volgens die jongste data van die Amerikaanse energie-inligtingadministrasie.
Die plaaslike mieliemark het gister meestal ondersteuning gekry, sommige van die witmieliekontrakte was wel onder druk gewees terwyl alle geelmieliekontrakte aansienlik sterker verhandel het vir die dag.
Die witmieliemark het vir lewering in Oktober 2020 R13/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 327/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Oktober 2020 R19/ton hoër verhandel om teen R3 274/ton te sluit.
Sojabone:
Die Amerikaanse sojaboonpryse staan vir die res van die week in dieselfde situasie as mielies. Dit wil sê USDA het ondersteunende voorraaddata uitgedeel, en daar is tans 'n redelike mate van uitvoeroptimisme, maar die seisoenale oesdruk lê nog steeds voor. Oornagstygings van ongeveer 0,75% dui daarop dat die momentum van gister nie vandag gaan stoom verloor nie.
Daar was onlangs oorsese kopers van sojameel. Iran het 100 000 tot 140 000 ton sojameel gekoop in 'n internasionale tender wat gister gesluit is, wat na verwagting van Argentinië en Brasilië verkry word. En Sirië het nog 'n internasionale tender uitgereik om 50 000 ton sojameel aan te koop, wat eers op 26 Oktober sluit.
Die plaaslike sojaboonmark het gister meestal ondersteuning gekry en het sterker verhandel vir die dag in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Oktober 2020, R75/ton hoër verhandel vir die dag om teen R8 150/ton te sluit.
Koring:
Amerikaanse koringpryse kan kwesbaar wees vir 'n rondte van winsneming nadat sommige kontrakte Woensdag tot 6% hoër was. Oornagpryse dui aan dat die stygings van gister moontlik onderbreek sal word, met pryse wat effens laer beweeg.
Wanneer USDA se weeklikse uitvoerverslag later vanoggend verskyn, verwag ontleders dat koringverkope tussen 198 000 ton en 500 000 ton sal wissel vir die week wat op 24 September eindig.
Die plaaslike koringmark het gister meestal onder druk gekom en het swakker verhandel vir die dag oor alle kontrakmaande wat tans gelys is.
Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R36/ton laer verhandel om teen R4 875/ton te sluit.
OFM-nuus
