On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Cape Wools SA: Plaaslike wolmark neig steeds opwaarts

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 08:24 Fri, 02 Oct 2020

Cape Wools SA: Plaaslike wolmark neig steeds opwaarts | News Article

Soos oudergewoonte op 'n Vrydag, verskaf ons die weeklikse nasionale wolmarkverslag wat deur Cape Wools SA aan OFM-nuus beskikbaar gestel word.


Die Suid-Afrikaanse wolmark het vandeesweek 'n opwaartse tendens voortgesit met 'n  verbeterde sentiment en 'n swakker Rand.

Luidens Cape Wools SA se wolmarkverslag is altesaam 7 713 bale op die veiling aangebied, nadat sowat meer as 1 200 bale voor die veiling onttrek is. 'n Algehele verkoopspersentasie van 92% is behaal.

Die mark het met 6,2% versterk teenoor die vorige veiling, terwyl die Rand met 3,3% verswak het teenoor die Amerikaanse Dollar. Dit het aanleiding gegee tot 'n toename van 2,7%.

Die Australiese mark het verlede week skerp toegeneem met 10,3%, en dié mark het weer vandeesweek met 3,9% verswak. 

Goeie gehalte fyn merinowol, veral fyner as 18,8 mikron, het 'n uitstekende prys behaal, terwyl volhoubare geproduseerde wol goeie mededinging deur die loop van die veiling ontlok het.

Die grootste kopers op die veiling was: Lempriere SA (2 033), Standard Wool SA (2 022), Stucken & Co (1 232) en Modiano SA (1 122).

Die gemiddelde skoonwolpryse vir die seleksie binne die verskillende mikron kategorieë goeie, lang kamwoltipes (MF5) was; Die 18,0 mikron tipe het met  7,1% gestyg en het teen R167,50 per kg gesluit. Die 18,5 mikron tipe het toegeneem met  7,2% en het teen R152,47 per kg gesluit, terwyl die 19 mikron tipe met 6,9% verhoog het en teen R143,50 per kg gesluit het. Die  19,5 mikron tipe het met 3,6% versterk en teen R133,24 per kg gesluit, terwyl die 20 mikron tipe met  5,4% toegeneem het en op R127,08 per kg gesluit het. 

Die 20,5 mikron tipes het met  6,3% versterk en op R123,48 per kg gesluit, terwyl die 21,0 mikron tipes met 5,1% toegeneem het en op R121,10 per kg gesluit het. Die 21,5 mikron tipes het met 3,6% toegeneem en op R119,94 per kg gesluit, terwyl die 22 mikron tipes met 1,7% gestyg het en op R120,82 per kg gesluit het. Die 22,5 mikron tipe het met 7,3 % verbeter en op R123,20 per kg gesluit.


OFM-nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.