Agri Hour
Versterking in Aussie-mark help styging in SA wolmark─── CHRISTAL-LIZE MULLER 08:26 Fri, 02 Oct 2020
Die styging in die Suid-Afrikaanse wolmark vandeesweek tydens die sesde en sewende wolveiling van die 2020/21-wolseisoen, kan toegeskryf word aan die versterking van die Australiese mark.
Heinrich Victor, bestuurder van spesiale dienste by OVK. sê die verswakking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede asook 'n groter aanvraag vanuit China het ook 'n bydrae gelewer. Hier is Victor...
Sien onderstaande PODCAST
Hy sê die volume wol ontvang in die makelaars se pakhuise, is 8,9% laer as die ooreenstemmende tydperk van die vorige seisoen. Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie gehalte merinowol, het weer eens goeie aandag geniet op die veiling. Dit het gesorg vir gesonde kompetisie tussen kopers. Produsente kan gerus kennis neem hiervan en ook aanvaar dat dit 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Hy sê die volgende veiling is geskeduleer vir 7 Oktober, waar sowat 6 100 bale na verwagting aangebied sal word.
OFM-nuus
