On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   07:49 Mon, 05 Oct 2020

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.


Mielies:

Amerikaanse mieliepryse het Vrydag onder oesdruk gekom en 'n verswakking beleef.

Die Oekraïne se mielie-oes in 2020 is ongeveer 18% voltooi, met 'n produksie van 4,47 miljoen ton. Volgens die Oekraïense ministerie van ekonomie is die totale herfsoes ongeveer 70% voltooi, met die vordering van koring en gars in wese voltooi.

Die plaaslike mieliemark het Vrydag meestal ondersteuning gekry, die witmieliekontrakte en geelmieliekontrakte het aansienlik sterker verhandel vir die dag.

Die witmieliemark het vir lewering in Oktober 2020 R100/ton hoër verhandel vir die dag om teen R3 427/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Oktober 2020 R37/ton hoër verhandel om teen R3 311/ton te sluit.

 

Sojabone:

Amerikaanse sojaboonpryse volg op die laer mielies Vrydag, omdat die oesdruk en die algehele markonsekerheid tegniese verkope veroorsaak.

Die regering van Argentinië het bevestig dat die uitvoerbelasting op sojabone en sojameel met drie persentasiepunte verlaag is. Selfs met die verlaging is die uitvoerbelasting van sojabone steeds 30%. Argentinië is die wêreld se nr. 1 sojameel-uitvoerder en nr. 3 sojaboon-uitvoerder.

Die plaaslike sojaboonmark het Vrydag meestal onder druk gekom en het sywaarts of swakker verhandel in meeste van die kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Oktober 2020, sywaarts beweeg om die verhandelinge vir die dag teen R8 150/ton te sluit.

 

Koring:

Amerikaanse koringpryse was gemeng, maar meestal hoër op 'n ongelyke rondte tegniese bewegings as gevolg van  berigte oor droë weer in belangrike produksiegebiede in Rusland en Argentinië.

Die Russiese adviesonderneming SovEcon het sy raming vir die uitvoer van koring in 2020/21 met nog 62,5 miljoen ton verhoog.

Die plaaslike koringmark het Vrydag meestal onder druk gekom en het swakker verhandel vir die dag oor meeste kontrakmaande wat tans gelys is.

Die plaaslike koringmark het vir lewering in Desember 2020, R22/ton hoër verhandel om teen R4 897/ton te sluit.


OFM-nuus

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.