On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agri Hour

Proaktiewe polisie-optrede nodig ná moord op jong VS boer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:57 Mon, 05 Oct 2020

Proaktiewe polisie-optrede nodig ná moord op jong VS boer | News Article
FOTO: Twitter

Die rol wat landbou in die landelike beveiligingstrategie speel, word nie genoegsaam erken nie.


Dit is volgens die voorsitter van landelike veiligheid van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, Tommie Esterhuyse, wat meen dit moet nou beklemtoon word. Esterhuyse, wat ook die vise-president van Vrystaat Landbou (VL) is, se reaksie kom nadat 'n jong plaasbestuurder, Brendin Horner, Donderdagaand wreed gemartel en op die plaas De Rots in die Paul Roux-distrik in dié provinsie vermoor is. Sy liggaam, wat met 'n tou aan 'n paal vasgemaak is, is Vrydagoggend vroeg in 'n veld op dié plaas gevind. Esterhuyse sê die moord word ten sterkste veroordeel, maar die spoedige inhegtenisneming van twee mans in verband met dié voorval word verwelkom. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Esterhuyse gepraat...


Sien PODCAST aan die einde van die bladsy


Hy sê sedert 2011, toe die eerste landelike beveiligingstrategie bekendgestel is, was daar weinig vordering gewees. Daar is uitsonderings, met toestande wat verbeter in sekere gebiede ten opsigte van die veiligheid van landbougemeenskappe. "Ons sal graag wil sien dat die polisie meer doen en nou na grondvlak beweeg en 'n daadwerklike verskil maak."

Esterhuyse sê die inhegtenisneming van Horner se vermeende moordenaars is goed en daar is groot dankbaarheid vir dié spoedige reaksie van die polisie, maar dit moet ongelukkig in gedagte gehou word dat dié polisie-optrede reaktief was. Proaktiewe optredes is nou van groter belang. "Dit is waarop die nuwe hersiende landelike beveiligingstrategie ingestel word." Voorkoming van dié aanvalle is nodig.

Esterhuyse sê twee plaaswerkers is in nog 'n voorval die afgelope naweek in die Welkom/Hennenman-gebied op 'n plaas aangeval. Een van die slagoffers is buite sy huis deur rowers aangehou. Hulle het hom gedwing om aan 'n ander plaaswerker se deur te gaan klop. Toe die ander werknemer die deur oopgemaak het, is hy in die been gewond. 'n Vrou is ook in die huis in die bors gewond. Albei die gewonde slagoffers ontvang behandeling in 'n hospitaal in Welkom.

Hy sê voorvalle van dié aard laat vrae soos of dit nie intimidasie is op boere, plaaswerkers en die landboubedryf in geheel nie? Daarom word daadwerklike optrede deur die polisie nou geëis.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.